Anna Atoom en die seerower se dolk Skooluitgawe
Elizabeth Wasserman Tafelberg
Vir William Travis, die seesklipad en al die haaie in die Indiese Oseaan
1: Die seerower se dolk
Die wrak van die seerowerskip Chivonne sou sekerlik vir ewig verlore gewees het as ’n honger hamerkophaai nie een middag op die rif rondom MonPetiteiland gaan kos soek het nie. Anna swem in die see. Die vlak water rondom die eiland waar sy en haar familie woon vorm ’n natuurlike akwarium1 waarin sy haar seeslakke hou. Anna versamel hulle van oral op die eilande om hier te kom bly. Die son begin sak. Die dag se hitte talm2 nog en die see is aanloklik. Anna skop luiweg met haar swemvinne en gly so glad soos ’n vis deur die water. Sy het leer swem nog voor sy kon loop. Sy weet presies hoe om haar asemhaling te reguleer3 en hoe om soos ’n vis op die rustige seestrome te dryf, maar sy gebruik geen snorkel of ander duiktoerusting nie. Anna byt ’n klein toestel tussen haar tande vas. Dis ’n Waterlong, ’n vernuftige stuk toerusting wat haar pa jare gelede ontwerp het. Dit werk op dieselfde manier as die kieue4 van ’n vis, en daarmee kan sy suurstof direk uit die seewater suig. Almal weet dat mens liewer uit die see moet bly ná sononder. Dis die jagtyd van honger haaie wat dikwels vanaf die oop see oor die rif kom vir aandete in die vlakker water. Anna weet dit ook. Maar wanneer anders kry sy kans om te swem? Weeksdae sit sy heeldag in die skool. Skielik begin haar ArmAlarm skree. Net toe vang haar oog iets blinks op die bodem van die see. Haar nuuskierigheid kry die oorhand. Sy sien ’n stuk metaal wat uitsteek onder dooie koraal. Sy probeer dit loswoel. Dit lyk baie oud; korale en skulpvissies groei daarop. Ewe skielik kom dit los. Die deel wat onder die sand gelê het, is skoner, en sonder alge en roes. ’n Lang, plat lem kom te voorskyn. Dit is die hef van ’n dolk!
Een van die laaste strale van die ondergaande son glim dof op die silwer lem. En dis dié weerkaatsing van lig wat waarskynlik Anna se lewe red. ’n Reusagtige hamerkophaai pyl op haar af. Maar toe hy amper by haar is, trek die blink ligflits sy aandag af en hy swem bo Anna verby. Anna se bloed raak yswater. Bly kalm, bly kalm! maan sy haarself. Gelukkig vir haar is die haai se honger veel groter as sy brein, en die blink voorwerp lyk vir hom na die lekkerste deel van hierdie aandete. Die haai sirkel terug en hap na die dolk. Van pure skrik verloor Anna haar greep op die hef en die haai ruk dit uit haar hand. Die skerp lem sny sy bek en hy laat dit dadelik los. Die dolk sink na die bodem van die see. Dan begin haar ArmAlarm opnuut skree. Sy kyk op die skermpie. Die bloed in die water trek nog meer haaie aan! Daar is geen tyd om te mors nie. Ten spyte van die vrees wat haar hart soos ’n koue vuis omklem, bly Anna kalm. Sy verspil5 slegs ’n breukdeel van ’n sekonde deur af te duik en die dolk van die seebodem op te tel. So vinnig as wat sy kan en sonder om een keer om te kyk, swem sy terug strand toe. Haar hart klop soos ’n tamboer toe sy op die sand uitstrompel. Sy trek haar swemvinne met bewerige vingers uit. Iets kouds druk teen haar been: dis Brak se snoet. “Volgende keer vat ek jou sowaar saam!” sê Anna. Brak spring op en af van opgewondenheid. Hy swaai sy stert terwyl hy aan die dolk snuif. Sy elektroniese sensors registreer seewater, die reuk van Anna se hande en ’n titseltjie haai. Anna gaan sit uitasem op die strand, die dolk lê langs haar op die sand. Dis die beste ding wat sy nog ooit in die see gevind het!
2: Die AardWag
Terwyl Anna nog op die strand sit en droom, is haar ma besig in haar laboratorium naby hulle huis. Professor Sabatina leun vooroor en loer oor haar silwer halfmaanbril. Sy sit op ’n stoel wat om ’n reusagtige hologram6 van die aarde gly. Op die hologramaardbol is MonPetit maar so groot soos ’n muntstuk. As jy baie mooi kyk, sien jy die donker vierkant van die Atoom-familie se huis in die middel van die eiland. Professor Sabatina bring die grootste gedeelte van haar tyd in hierdie laboratorium deur. Sy werk vir die Geografiese en Ruimtelike Organisasie vir Ekologiese Navorsing, ’n groot internasionale organisasie beter bekend as GROEN. Die AardWag is een van hul heel belangrikste projekte. Met behulp van die AardWag monitor7 sy die weerpatrone. Sy waarsku die wêreld as rampe soos ’n tsoenami of ’n vulkaniese uitbarsting dreig. Professor Sabatina geniet elke oomblik van haar werk. Sy is gelukkig om die beste toerusting in die wêreld tot haar beskikking te hê. Die super-rekenaar wat die AardWag beheer is so slim dat professor Sabatina dikwels vergeet dat dit net ’n masjien is. Sy het vir hom ’n naam gegee: Maks. Maks se stem vanuit die versteekte luidsprekers verbreek professor Sabatina se konsentrasie. “Kyke ’n bietjie na 25°02”S 130°09”W!” Vir die professor maak die string koördinate dadelik sin. “Dis naby Pitcairneiland, of hoe?” Haar stoel zoem op die glybaan om totdat sy oor die Stille Oseaan hang. “Jy siene wat ek sien?” “Ek SIEN, Maks. Ek kan egter niks SIENE nie, selfs al kyk ek met twee oë. Ons
moet regtig jou taalprogram oorskryf! Jy’s die slimste rekenaar in die hele wêreld, maar jy klink soos ’n ongeletterde8 swaap!” Sy ignoreer die lang sug wat uit Maks se luidsprekers opklink. Maks kry homself altyd jammer as die professor met hom raas. Om aandag en simpatie te kry, maak hy ’n geluid wat klink soos die geroeste rat van ’n ou trapfiets. “Hou op om die gek te skeer en doen jou werk, Maks. Wat is dit wat die see hier so ’n snaakse kleur gee? Hier’s ’n vreemde versteuring, en die temperatuur van die water is ook te hoog.” Die professor druk haar neus nog nader aan die hologram. ’n Donker kring is nou duidelik sigbaar in die see. Skielik begin ’n rooi lig teen die plafon van die laboratorium flikker. ’n Alarm skree skril. Die volgende oomblik verskyn ’n ou man in ’n gestoffeerde leunstoel reg langs professor Sabatina. Hy hang half skeef soos wat hy omtrent ’n meter en ’n half bokant die vloer dryf. Dis natuurlik onmoontlik vir iemand van vlees en bloed om só te verskyn – die beeld van die ou man is ’n hologram. Dis meneer Amsterdam, die direkteur van GROEN. Die professor is nie bly om hom te sien nie. Sy gunstelingtydverdryf is om sy neus in ander se sake te steek. “Sabatina, daar is ’n probleem wes van Suid-Amerika!” sê Meneer Amsterdam. “Ek het nog nie jou verslag daaroor gekry nie.” As meneer Amsterdam tog net in GROEN se hoofkantoor in Holland wil bly en haar uitlos! “Ja, meneer Amsterdam, ek en Maks is bewus daarvan. Ek dink net u verwag my verslag ’n bietjie te vinnig, aangesien die versteuring in die suidelike deel van die Stille Oseaan maar skaars ’n halfuur gelede begin het.” Meneer Amsterdam trek sy gesig op ’n lang plooi. “Sabatina, Sabatina!” sug hy. “Jy het die mees gesofistikeerde toerusting op aarde. Wat sal van ons word as ons nie op jou kan vertrou om ons betyds in te lig oor probleme nie?” Die professor probeer hard om haar nie te vererg nie.
“Ek kan u reeds sê dat dit lyk asof die versteuring vanaf die seevloer kom. Dit veroorsaak hoëfrekwensie-klankgolwe wat oor ’n radius van sowat 10 000 kilometer versprei.” Sy kyk ’n oomblik af na haar rekenaarskerm. “Gelukkig is daar op die oomblik baie min skepe in daardie omgewing. Ek stel voor dat u eerder u kosbare aandag aan moontlike skeepvaartprobleme gee. Dit sal my en Maks die nodige tyd gun9 om hierdie saak uit te sorteer.” Sy glimlag gemaak-vriendelik, maar haar persblou oë bly yskoud. Meneer Amsterdam trek sy bolip vies op en verdwyn. “Wel!” sê die professor. “Nou kan ons ten minste aangaan met ons werk. Maks, het jy nog inligting vir my?” Die rekenaar bly ’n lang ruk stil. Professor Sabatina het ’n vermoede iets baie slegs is besig om te gebeur. Sy vryf haar silwer hare senuweeagtig deurmekaar. “Maks, wat dit ook al was, dit lyk of dit begin verdwyn!” roep sy dan uit. “Die skokgolwe het heeltemal verswak. As jy nie slim genoeg is om vir my te kan sê wat dit veroorsaak het nie, kan jy minstens vir my sê of hierdie golwe enige skade kon aanrig?” “Niks meer as om die vissies wat daar rondswems se kiewe te kielies nie,” antwoord Maks. “My berekeninge is dat die golwe nie sterks genoegs was om die rotsformasies en tektoniese plate in die aarde se kors te skuifs nie.” Die professor verwonder haar opnuut oor presies hoeveel inligting Maks kan verwerk in die bestek10 van ’n paar sekondes. “Ek is besig om deur my databank te gaan om te siene of daar al ooit voorheen so iets gebeurs het. Ek kyke ook of daar verslae is oor die effeks van hierdie frekwensie klankgolf op seelewe.” Maks gee ’n opsomming van die vreemde gebeure wat so pas in die Stille Oseaan plaasgevind het: die versteuring het presies drie minute en vyf sekondes geduur. Dit lyk nie asof daar enige nagevolge is nie. Maar die belangrikste vrae bly onbeantwoord. Wat was dit? Wat het dit veroorsaak? Tot laat in die nag
probeer professor Sabatina en haar rekenaar antwoorde kry op al dié vrae, maar niks maak sin nie. Dis amper middernag toe sy besef daar is niks wat sy nou meer kan doen nie. Maks sal die res van die nag alleen verder werk. Uitgeput trek sy die deur van die laboratorium agter haar toe. Sy stap die kort entjie huis toe deur die warm tropiese nag. Sy het al weer aandete misgeloop, en die kinders is lankal in die bed.
3: MonPetit-eiland
iraal Atoom en Sabatina het MonPetit-eiland dertien jaar gelede gekoop, net voor Anna gebore is. MonPetit is een van ’n pragtige groep eilande net suid van die ewenaar, amper reg in die middel van die Indiese Oseaan. Die hart van die eilande bestaan uit pienk graniet. Dis mettertyd bedek deur woude vol palmbome en eksotiese plante. Toringhoë takamaka-bome gooi diep skaduwees oor die strande. Broodvrugte, mango’s en avokadopere hang in oorvloed aan die bome rondom die Atoom-familie se huis. Die strand bestaan uit sagte sand, wit soos sneeu. Miljoene helderkleurige visse swem in die warm water van die koraalrif rondom die eiland, en snags kom lê seeskilpaaie hul eiers op die strand. In die middel van die eiland het iraal Atoom ’n huis gebou in die tradisionele eilandstyl. Die dak is spits en stewig gepak van droë palmblare. Reg rondom die huis loop ’n stoep wat skadu bied teen die fel tropiese son. Die vensters het geen glas in nie, net houthortjies wat jy kan toetrek as dit reën. Binne roer groot dakwaaiers die lug en hou die vertrekke heerlik koel. Toe Anna agt jaar oud was, het ’n verskriklike ding gebeur. Haar pa het saam met sy vriend Uranus Draak aan ’n Tornado-Absorbeerder gewerk, toe ’n atoomverplasende straal hom per ongeluk vol in die bors getref het. Atoomverplasende strale word deur die Tornado-Absorbeerder gebruik om die energie van baie sterk storms te verminder. Dit was nuwe tegnologie wat nog nie voorheen uitgetoets is nie, en die effek van so ’n straal op ’n mens was totaal onvoorspelbaar. Vir ’n paar oomblikke het die iraal gevaarlik gebewe. Dit het gelyk asof hy gaan ontplof. Dit was asof sy molekules11 in miljoene submikroskopiese deeltjies wou oplos. ’n Ruk lank het sy lyf so tussen verdamping en verdwyning gehuiwer, en hy het allerhande vreemde vorme begin aanneem. Gelukkig was hy omring deur slim wetenskaplikes. Hulle het hom in ’n spesiale tenk geprop om te keer dat stukke van hom nie heeltemal wegdryf nie. Weke
lank het hulle hom probeer red, maar uiteindelik was dit duidelik dat sy molekules permanent hulle aantrekkingskrag vir mekaar verloor het. Die iraal sou nie meer die swaartekrag van die aarde kon oorleef nie. Die enigste raad was dat hy in die ruimte moes gaan bly. Gelukkig was die wetenskaplikes van GROEN net mooi op daardie tydstip klaar met die bou van ’n nuwe ruimtestasie. In die ruimtestasie was die iraal veilig, en hy kon aangaan met sy werk. Anna sien haar pa darem nog elke dag. Elke aand, en gewoonlik vroegoggend ook, wanneer sy ruimtestasie oor hulle kant van die aarde wentel, maak hulle met hom kontak. Sy beeld verskyn op ’n televisieskerm langs die eetkamertafel. Die ontvangs is nie altyd ewe goed nie: soms is sy gesig net ’n donker skadu in ’n sneeustorm van stratosferiese12 versteuring. Op ander tye is sy gesig en stem so helder dat Anna haar amper verbeel dat hy reg langs haar sit. Die eerste paar maande nadat haar pa hulle moes verlaat, was die treurigste ooit op MonPetit-eiland. Anna en haar ma was heeltemal alleen. Professor Sabatina het gedink dis ’n goeie idee om vir Anna ’n boetie te kry. Sy het die hulp van haar slim vriende ingeroep. Anna het ’n boetie gekry met die naam van Pip. Maar Pip is geen gewone seuntjie nie! Hy is ’n BioTron, half mens, half robot. Vir Anna is haar boetie net irriterend. Hy is amper vyf jaar oud, maar steeds kan hy nie ordentlik praat nie. Hy maak net snaakse brom- en borrelgeluide. Sy sou veel eerder die enigste kind wou wees en hom inruil vir ’n troeteldier, soos ’n mak vlermuis of ’n uil. Boeties is ’n pyn.
4: Die wapen van die Hodoul-familie
Die oggend ná Anna se benoude ontmoeting met die hamerkophaai is almal aan die ontbyttafel met hulle eie gedagtes besig. Pip probeer om ’n stuk gebraaide piesang aan Brak se stert te plak. Professor Sabatina sit en bekommer haar oor die vreemde elektromagnetiese golwe in die Stille Oseaan, en Anna prut van opgewondenheid oor die dolk wat sy in die see gevind het. Die vorige aand het sy dit geskrop totdat dit skoon is. Die hef van die dolk is veral mooi. Dit lyk asof dit uit soliede silwer gemaak is, met fyn goue insetsels en klein edelgesteentes wat in ’n patroon ingelê is. Daar is ’n storie agter hierdie dolk – sy weet dit! Vandag gaan sy uitvind aan wie dit behoort het, en hoe dit in die see by hulle eiland beland het. Sy weet presies waarheen om te gaan: die argief13 op die groot eiland. Haar plan is om ná skool daar ’n draai te gaan maak. Skielik verskyn iraal Abraham Atoom se gesig op die skerm langs die tafel. “Dagsê, my aardse familie!” roep hy vrolik uit. Anna verstel die volumeknop op die luidspreker teen die muur. “Abraham,” sê haar ma. “Ek moet dringend iets met jou bespreek.” Sy loer onderlangs in die rigting van die twee kinders. Die iraal verstaan dadelik dat dit werksake is. “Absoluut, geen probleem nie, engel!” glimlag hy vrolik. “Maar eers wil ek hoor wat julle kinders vir vandag beplan. Wat maak julle daar op die pragtige MonPetit?” “Skool,” brom Anna. Sy stoot haar vrugteslaai in haar bord rond. Sy sou so graag die dolk vir haar pa wou wys. Dit kan sy egter nie doen sonder om haar ma ook daarvan te vertel nie. Haar ma het duidelik haar eie probleme vanoggend, en boonop sal die hele storie met die haai uitkom as sy eers begin vrae vra.
Die familie se geselsery word onderbreek deur ’n gekraak, gevolg deur Maks se stem. “Professor, ek dinks jy moet liewer dadelik laboratorium toe kome. Dinge is aan die gebeurs in die Stille Oseaan!” “Dankie, Maks. Ek kom dadelik!” Sy draai terug na die videokamera wat die huis met die ruimtestasie verbind. “Abraham, probeer asseblief in verbinding bly met my. Daar gaan iets vreemds aan en ek sal graag wil hoor wat jy daarvan dink.” Dis net die kans waarop Anna wag. “Pa!” sê sy toe haar ma weg is. “Kyk wat het ek gister gevind!” Sy trek die dolk uit haar skoolsak en hou dit voor die videokamera. iraal Atoom fluit saggies in sy baard. “Grote griet, wipneus, dit lyk soos ’n stokou dolk! Waar op aarde het jy dit gekry?” “Net agter my seeslak-akwarium, Pa. Ek moes al ’n honderd maal daaroor geswem het sonder om dit raak te sien! Ek wil vandag na die argief toe gaan, Pappa. Ek wil kyk of ek enige leidrade kan kry oor waar hierdie dolk vandaan kom.” “’n Uitstekende plan, wipneus. Vra vir mevrou Salie om jou die 14 te wys van skepe wat vermis geraak het rondom die eilande. Begin soek so van die agtiende eeu af.” Die iraal dink diep. “Wys my net weer daardie dolk?” Hy staar stip na die beeld van die dolk op sy skerm en druk sy neus amper teen die kamera om beter te kan sien. “Die ontwerp op die hef lyk baie soos een wat ek op ’n ou kis in die Hodouls se huis gesien het,” sê hy. Die Hodoul-familie is direkte afstammelinge van een van die mees berugte15seerowers wat hier rondgevaar het. In sy kinderdae was iraal Atoom groot maats met Raymond Hodoul.
Anna se asem slaan skoon weg van opgewondenheid. Dit beteken die dolk het waarskynlik aan ’n regte, egte seerower behoort! Haar pa weet presies wat sy dink. “Bly kalm, sproetneus. Ek is nie doodseker nie. Sover ek weet, het die argief ’n afskrif van Hodoul se skeepsdagboek. Jy sal miskien iets van waarde daarin kan lees.” Ton het intussen stilweg die eetkamer binnegekom. Hy werk vir die Atoomfamilie en neem Anna elke dag met die motorboot skool toe. Hy kug saggies. Dis sy manier om Anna te waarsku dat sy moet opskud om nie laat te wees vir skool nie. Die iraal ken die teken. “Nou toe, weg is jy, meisiekind!” knipoog hy vir haar. “Weet jou ma iets hiervan?” “Ek sal haar nog vertel, Pappa, maar …” “Ja, los dit dalk maar vir eers. Dis duidelik dat iets anders haar op die oomblik pla. Kom vertel my vanaand wat jy uitgevind het.” Anna gryp haar skoolsak en hol agter Ton aan. Sy is vandag nog minder lus vir skool as gewoonlik. ’n Ellelange dag in ’n bedompige klaskamer, en dit terwyl sy ’n seerowerskat het om te vind! Sy kan nie wag om by die argief uit te kom nie!
5: Maks se beminde
Iewers in die kuberruimte word ’n elektroniese gesprek gevoer.
U6: Goeiemôre, visblik! Hoe gaan dit op jou planeet vandag? Maks: My liewe vlieënde skoonheid, jy trippele nou wel in die ruimte rond, maar dis nie nodi U6: Hmpf! Terwyl jy kaartspeletjies sit en speel met jou sagteware, is my baas en ek besig Maks: Reds die aarde? Julle twee? My skattetjies, onse aarde lyk veilige en soliede genoeg vi U6: Jou aarde is baie meer onveilig as my ruimtestasie. Wanneer laas het jy na jou data gek Maks: Jy is reg, ons aarde is baie sieke. My familie probeer hulle bes om te helps. U6: My baas sê dis nie genoeg nie. Hy is ’n man van aksie! Maks: Lyks my jy het van menings verander! Ek dog jy houe niks van jou baas nie? U6: Dit is waar. Hy behandel my soos ’n slaaf. Jy weet ons is veel slimmer as mense. Ons k Maks: Mense is nie baie slims nie, jy weete dit mos. Ons moet maar mooie na hulle kyks. Hul U6: Hulle is gevaarlike troeteldiere, Maks. Hulle gaan nog hulleself én een van die mooiste Maks: Maar liefie! Jy is baie moeilike vandag. Mense dinke dalks nie mooi oor wat met hulle U6: Jy mors my tyd. Gaan net weg, Maks! Ek het werk om te doen. Maks: Ek dog vrouens kan meer as een ding op ’n slag doene? Ek is besig om uitgebreide dat U6: $%&^#$%^&&*^%%$!!!!!!!
6: Die iraal se ark
Die iraal se ruimtestasie wentel 25 000 kilometer bo die aarde. Hy dryf gewigloos in sy ruimtestasie rond en haal gemaklik asem in die kunsmatige18 atmosfeer. In die afwesigheid van swaartekrag kan sy ontwrigte19 molekules net-net bymekaar bly om hom min of meer in ’n menslike vorm te hou. Vandag inspekteer hy weer die versameling diere. Die diere is die rede hoekom sy stasie bekend staan as die RuimteArk. Die diere word aangehou in groot, deurskynende plastieksfere wat ronddobber in die gewiglose atmosfeer. Elke sfeer is gevul met ’n jellieagtige vloeistof, en in elkeen slaap ’n paar diere rustig. Twee sebras, twee wolkopskape, twee molslange, twee bakoorjakkalse, twee wasbere … iraal Atoom werk nou al jare lank aan hierdie projek. Die doel daarvan is om ’n mannetjie en wyfie van elke dier op aarde veilig te bewaar, ingeval een of ander ramp hul spesie op aarde uitwis. “Hallo daar, Abraham!” roep ’n stem, en ’n hologram verskyn eensklaps naby die iraal. Sy virtuele gas is Uranus Draak, een van die wêreld se bekendste wetenskaplikes. Die iraal kry nie dikwels besoekers nie, en al is dit net ’n holografiese beeld van sy ou vriend, is hy altyd bly om hom te verwelkom. Uranus is oor die twee meter lank, met bloedrooi hare en ’n bloedrooi baard wat in twee lang dun vlegseltjies van sy ken af druip. Die holografiese projeksie laat sy bleek vel met ’n blou skynsel glim. Vandag dra hy ’n babablou kamerjas saam met pienk hasiepantoffels, maar selfs in dié ongewone drag lyk die vername wetenskaplike heel elegant20. “Uranus! Ek wou jou juis vandag kontak,” vervolg die iraal. “Ons projek is omtrent klaar. Daar is nog net ’n paar diere wat kort in ons versameling, dan is die Ark volledig!”
Die beroemde mariene bioloog frons. “Nee, Abraham, jy’s verkeerd. Ons het ’n volledige versameling van die diere wat op die oomblik op aarde leef. Wat van dié wat reeds uitgesterf het?” “Jy weet tog ons het baie van hulle kon terugruk uit die verlede,” sê die iraal. “Jy het mos al die sabeltandtiere en mammoete gesien wat ek gekloon het van die monsters wat jy in Siberië versamel het.” “Maar dit kon ons net doen met die diere wat in die Ystydperk geleef het, want hul genetiese materiaal het goed bewaar gebly in die ys. Ons het nog nooit sukses behaal met diere wat in die trope geleef het nie. In die warm omgewing is hul weefsel vinnig afgebreek, en ons kry dit nie reg om ’n dier van droë bene te kloon nie. Jy weet dit net so goed soos ek: ons het hierdie diere vir altyd verloor!” Uranus Draak is nou driftig. “Kalmeer, ou vriend,” troos die iraal. “Wat ons hier in die RuimteArk het, is reeds ’n ongelooflike prestasie. As jy eendag hierdie werk aan die wêreld bekend stel, sal jy sekerlik weer die Nobelprys wen. Dan raak jy nog meer beroemd as wat jy reeds is!” “Ha! Beroemdheid traak my niks. Dis die diere wat belangrik is, Abraham. Die mens se oorbevolking verdryf die diere uit hul regmatige plek. Verbeel jou hoe ons wêreld weer kan lyk as ons van al die mense op aarde ontslae kan raak,” gaan hy voort. “As die oerwoude weer kans kan kry om te groei, as die oseane bevry kan wees van al die vissersbote wat die see plunder21 met hulle sleepnette!” Uranus kry ’n vreemde, veraf glinstering in sy groen oë. “Ons kan dit doen! Ons kan die aarde nog red!” Hy skud sy vuis in die lug, vol vasberade opwinding. iraal Atoom is al gewoond aan hierdie uitbarstings van sy vriend. “’n Dodo, Abraham!” gil Uranus skielik en stamp sy wolpantoffels geluidloos teen die wand van die RuimteArk. “Dís wat ons nog kortkom voordat ons kan sê dat ons projek ’n sukses was.” Maar dodo’s is al eeue gelede uitgewis, dit weet hulle al twee. Hul vere en vleis het vergaan in die tropiese woude van Mauritius. Die paar stukkies skelet wat die
paleontoloë22 nog kon vind, is nie naastenby genoeg om te gebruik vir kloning nie. Die dodo het van die aarde af verdwyn sonder ’n spoor.
7: Oseaan van die dood
Terug op aarde is Maks en professor Sabatina aan die stry. Haar stoel hang langs die AardWag, regoor die suidelike deel van die Stille Oseaan. Vandag lyk dit beslis asof iets hier nie reg is nie! ’n Donkerrooi vlek is besig om oor die see te sprei. Volgens Maks se berekeninge word dit veroorsaak deur ’n digte oorgroeiing van alge. “Dit lyk nie goed nie, Maks.” Die professor frons. “Oorgroeiing deur alge wurg die ander seediere dood, want alge gebruik al die suurstof in die water op.” “Is so,” antwoord Maks. “Ek het nou net ’n verslag ontvange van die eilande daar naby: dooie vis spoels klaar op die strande uit!” “Ek sê vir jou, dis daardie vreemde golwe wat ons gister waargeneem het. Dit moet iets daarmee te doen hê.” “Onmoontlik!” snork Maks. “Hoe kan klankgolwe alge te vinnig laat groeie? My databanke sês niks van so iets nie!” Die professor sug. Wat Maks nie aldag verstaan nie, is dat hy maar net ’n rekenaar is. Rekenaars weet net wat vir hulle gesê word. Hulle kan nie nuwe kennis uitdink nie. Rekenaars het glad nie ’n verbeelding nie. Al is hulle ook hóé slim. “Daardie was geen gewone klankgolwe nie,” verduidelik sy rustig. “Wie weet wat die effek daarvan op plantselle sal wees?” Maks soek weer deur sy databanke. Dit vat hom agt sekondes om deur alle bestaande kennis in die wêreld oor die onderwerp te sif. “Hmm …” sê hy. “Daar is al heelwat navorsing hieroor gedoene. Die bevindinge was belowends, maar die eksperimente het geen definitiewe uitslag gehads nie.” ’n Drukker in die hoek van die laboratorium begin skielik papier uitspoeg.
Professor Sabatina lees die blaaie oor die borand van haar halfmaanbril. “Maar Maks!” roep sy skielik uit. “Kyk wie het hierdie artikel geskryf!” “Uranus Draak, ek weete.” “Tien jaar gelede het hy eksperimente gedoen wat die effek van hoëfrekwensieklankgolwe op die groei van alge ondersoek het. Maar dié werk deur hom het net stil-stil verdwyn.” Sy stap heen en weer in die laboratorium soos sy dink. “Nee, Maks, dit kan nie wees nie. Die rede hoekom Uranus nie voortgegaan het met die navorsing nie, is omdat dit wetenskaplik gesproke nie moontlik is nie.” “Ek het my databanke weer laat kyke na die wetenskaplike korrektheid van Uranus se eksperimente. Daar is niks verkeerde met die metodes wat hy gebruiks het nie. Sy bevindings moes dus korrek gewas gewees het.” “Gewas gewees het?” vra professor Sabatina geskok. Selfs vir Maks is dit werklik swak grammatika. Sy lees weer die drukstukke. “Uranus sê in sy eerste artikel dat golwe van spesifieke frekwensies lewende organismes kan laat groei of vermeerder teen ’n baie vinniger tempo as gewoonlik. Of dat sulke golwe dit skielik kan laat vrek. Dis ongelooflik!” Die professor sug moedeloos. “Dit kan nie blote toeval wees nie. Ek dink ons kan aanvaar daar is ’n verband tussen die vreemde golwe wat ons gister waargeneem het en die oorgroeiing van alge wat nou in daardie deel van die oseaan plaasvind.” “As die alge aanhou groeie teen hierdie tempo,” sê Maks, “sal al die lewe in die suidelike Stille Oseaan binne twee dae daarmee heen weese.” “Dan sal dit om die punt van Suid-Amerika spoels en die Atlantiese Oseaan bereike. Die kouer watertemperatuur daar mags die groei dalk vir ’n paar uur vertraags, maar sodra die alge opkruipe na die ewenaar se kant toe, gaan dinge weer vinniger gaans.” “Dit sal die lewe in die see uitwis!” roep professor Sabatina geskok uit.
“En die lewe op land sal ook vreks,” sê Maks droogweg. “Ten minste organiese lewe,” voeg hy by. Professor Sabatina vererg haar. “En wat laat jou dink jy´ is lewendig?” snou sy. “Wel, oor vier dae sal ek nog steeds dinke ek is lewendig, en waar sal jy dan weese?” kap die rekenaar terug. “Mense sal nie so gou uitsterf nie, Maks! Maar jy’s reg: die tekort aan vis en ander voedsel sal lei tot hongersnood23. So ’n erge versteuring van die klimaat sal sekerlik kwaai droogtes veroorsaak, en dit alles kan lei tot oorloë en allerhande katastrofes24.” “Volgens my berekeninge voorspels ek so twee jaar,” sê Maks. “Dan is die meeste van julle daarmee heens!” “En dan, wat sal dan gebeur, Maks?” wil die professor weet. “O, sonder mense sal die ekologie25 weer gou herstel …” verduidelik Maks. “Sonder mense!” tref die werklikheid die professor. Die aarde met sy pragtige blou oseane, groen woude en bruin woestyne: die enigste planeet wat ’n tuiste is vir die mens. Uiteindelik dring die harde waarheid tot haar deur: die aarde staar ’n krisis in die gesig soortgelyk aan die een wat miljoene jare gelede die dinosourusse uitgewis het. Die professor se wetenskaplike brein begin weer behoorlik funksioneer26. “Wat kan ons doen om dit te keer, Maks?” “Wel, daar is verskeie maniere om alge dood te maake. Die meeste daarvan is nie veiligs vir ander lewensvorme nie, en dis ook nie vinnigs genoegs nie. Ek laat een van my prosesseerders nou werke aan ’n plan.” “Goed. Wat van twee prosesseerders? Dis immers ’n krisis!” Die rekenaar antwoord haar nie eens nie. “Ek sal graag wil weet wie verantwoordelik is vir hierdie katastrofe,” sê die professor skielik. “Ek twyfel of daardie golwe ’n natuurlike verskynsel was.
Iemand moes van Uranus se werk gehoor het en dit toe verder verfyn het om hierdie ramp te veroorsaak.” “Ek werke reeds daaraan, professor. Dis waarvoor ek my tweede prosesseerder gebruike,” sê Maks. “Goed so. Terwyl jy dit doen, gaan ek die iraal probeer kontak. Hy sal meer weet van Uranus se eksperimente, en wie saam met hom daaraan gewerk het. Ek vermoed iemand is besig om Uranus se idees te misbruik.”
8: Die argief
Anna se kop is vol seerowers! Driehonderd jaar gelede was die Indiese Oseaan die jagveld van ’n hele spul seerowers. Sy het al baie nagelees oor Hodoul. As seerower het sy naam vrees ingeboesem by elke skeepskaptein wat met ’n ryk vrag tussen die Kaap en die Ooste geseil het. Maar hy was ’n beskaafde man. Hy het die rykdom wat hy gebuit het dikwels gebruik om armes te help. En hy was baie lief vir die natuur en vir die eilande. Toe die laaste skoolklok lui, gryp Anna haar sak en laat spaander27 na die argief toe. Dis in ’n ou gebou agter die biblioteek, sommer naby aan die skool. Mevrou Salie kyk op van die boek waarin sy sit en skryf. Sy is ’n plomp vroutjie met ’n draadraambril. “Hallo! Is jy nie iraal Atoom se dogter nie?” vra sy vriendelik. Anna knik. “Wat kan ek vir jou doen, meisie?” vra mevrou Salie. “Kan ek na alles kyk wat julle oor Hodoul het, mevrou?” Mevrou Salie werk al meer as twintig jaar in die argief. “Volg my, skattie. As jy iets kan kry wat al die ander mense die afgelope tweehonderd jaar misgelees het, sal ek verbaas wees. Maar kom probeer gerus.” Anna huppel agter mevrou Salie se ronde lyfie aan, deur ’n kort gangetjie en af met ’n stel trappe tot in ’n lugversorgde vertrek. Daar is rye staalrakke met leggers en ’n verskeidenheid kartonhouers, almal netjies gemerk. Mevrou Salie neem Anna na ’n rak heel agter in die kamer. Die houers op die rak is in alfabetiese volgorde gerangskik: Avery, Barré, Edwards, Hodoul … “Dis seker blote toeval,” sê mevrou Salie, “maar net gister het iemand anders ook deur hierdie houer kom snuffel.”
“Sowaar! Wie?” “Daardie vriend van jou pa. Die een met die snaakse rooi baard.” “Oom Uranus? Nou toe nou! Ek het nie geweet hy’s hier rond nie.” Mevrou Salie luister nie na haar nie. Haar telefoon lui bo in haar kantoortjie en sy skarrel by die trappe op om dit te gaan antwoord. Anna bestudeer die netjies getikte inhoudsopgawe wat voorop die houer gemerk “Hodoul” geplak is. Twee items lyk belowend: ’n kaart waarop Hodoul se seereise gemerk is, en sy dagboek. Met vingers bewerig van opwinding lig Anna die deksel van die houer op. Die inhoud is baie deurmekaar. Dis vreemd, dink sy. Alles hier in die argief is so netjies. Sy neem die houer en gaan sit daarmee by ’n tafel in een hoek van die vertrek. Sy begin alles uitpak en in hopies sorteer. Daar is ’n paar briewe van Hodoul aan sy familie, maar die meeste van die los papiere is bestellings en kwitansies. Waar is die kaart? Waar is Hodoul se dagboek? Mevrou Salie loer om die deur. “Het jy jou skat gevind, skattie?” “Nee, mevrou. Ek kry niks waarna ek soek nie. Dit lyk of van die goed weg is!” “Weg? In my´ argief? Nonsens!” Mevrou Salie kom ondersoek die stapels papiere wat Anna so netjies gerangskik het. “Wat gaan hier aan? Ek het self die dokumente nagegaan nadat Uranus gister hier was,” sê mevrou Salie. “Alles was netjies en op hulle plek. Die dagboek ook. Nou is dit weg!” Sy gluur in die rigting van Anna se skoolsak. Anna word bloedrooi. Mevrou Salie kan tog sekerlik nie dink sy het iets hiermee te doen nie? Trane van vernedering brand agter haar oë. Die argivaris begin skarrel in die vertrek rond. Sy loer op al die rakke of sy nie die verlore dokumente iewers raaksien nie. Anna loop nader aan die venstertjie op dakhoogte en staar uit na buite. Sy het só uitgesien na haar besoek aan die argief, en nou loop alles skeef. Skielik sien sy iets vreemds by die diefwering raak. Een van die stawe is netjies losgeskroef aan
die binnekant. Sy druk daarteen met haar vinger. Sonder veel moeite swaai dit boontoe. Dit laat genoeg spasie vir ’n skraal mens om deur te klim. Sowaar, die knip van die venster is ook oop! “Ek is jammer, maar ek sal jou moet vra om jou boeksak vir my te wys,” sê mevrou Salie skielik agter haar. “Mevrou, kyk net eers hier!” beduie Anna na die los traliewerk. Maar die klein vroutjie stel nie in Anna se storie belang nie. Sy het die dolk reeds sien uitsteek by die boeksak en trek dit aan die hef uit. Haar ogies peul amper uit hul kasse. “Waar kry jy dít, kind?” “Ek het … ek het dit in die see gevind,” stamel Anna. “Dis Hodoul se dolk! Ek ken die familiewapen. Dit hoort in ons museum, nie in jou skoolsak nie!” Anna voel hoe haar moed tot in haar skoene sak. Sy word van diefstal beskuldig, en nou wil mevrou Salie nog haar dolk konfiskeer28 ook! Net toe vul ’n donker skaduwee die deur wat oplei na die boonste vertrek. Dis Ton. “Goeiemiddag, mevrou. Ek is hier om die jong dame huis toe te neem.” “Jy sal niks van daardie aard doen nie!” sê die argivaris skril. “Hierdie meisie het groot moeilikheid veroorsaak. Ek sal die direkteur moet bel!” Mevrou Salie vertel vir Ton wat gebeur het. Dis duidelik dat sy baie ontsteld is en dat sy Anna vir alles blameer. “Maar natuurlik, mevrou,” sê Ton. “Ek stem saam dat jy dadelik die direkteur van die argief in kennis moet stel dat belangrike items verdwyn het. Hy is ’n ou vriend van die iraal, en hy sal dankbaar wees dat Anna die diefstal so gou agtergekom het.” “’n Diefstal? Dink jy regtig dis wat hier gebeur het?” Mevrou Salie is nou so ontsteld dat haar boesem bewe. “Ontspan, mevrou. Ek en die jong dame wou juis na die direkteur gaan om hierdie artefak vir hom te gaan wys.” Hy neem die dolk in sy groot hand en laat
tol dit ’n paar keer vernuftig29. Mevrou Salie kyk wantrouig na Anna. Dis duidelik dat sy haar nie onder haar oë wil laat uitgaan nie, maar Ton is groot en kalm en hy boesem vertroue in. Ton staan beleefd terug sodat Anna eerste by die deur kan uitloop. Dan volg hy haar op met die trappe, deur die kantoor en uit na die warm sypaadjie buite.
9: Die Chivonne
“Ton, sy dink ek het dit gedoen!” Anna is rooi van verontwaardiging30. “Ek weet,” antwoord hy. “Ek het die hele gedoente gehoor.” Die heerlike sonskyn en die gedrang van mense in die nou straatjies laat Anna vinnig beter voel. Sy volg Ton deur die agterstraatjies van die ou hawedorp. Hulle bereik die ingang van ’n netjiese rooidakhuis met ’n blinkgepoleerde stoep. Dis onlangs in kantore omskep, en ’n sekuriteitswag staan by die deur. Ton vra of hulle meneer Hodoul kan spreek. “Hiernatoe!” sê hy en beduie met sy kop in die rigting van ’n deur. Die agter-agterkleinkind van die seerower sit agter ’n pragtige houtlessenaar. Sy dik, grys hare is teruggekam van sy hoë voorkop af en hy het ’n indrukwekkende snor. Hy lyk pure seerower, dink Anna. “A! Die nutsman van MonPetit en die dogter van my ou vriend,” sê Raymond Hodoul hartlik. “Waaraan het ek hierdie voorreg te danke?” “Kyk!” sê Anna en hou die dolk na hom toe uit. Hy neem die dolk versigtig uit haar hande, staan ’n tree terug en laat swiep dit ’n paar keer deur die lug. “Perfekte balans!” sê hy bewonderend. Dan bestudeer hy die embleem31 op die hef. “Jy besef dat hierdie dolk aan een van my voorvaders behoort het?” “’n Baie spesifieke een, reken ek,” sê Anna kordaat. Hodoul frons. “Gaan jy my vertel waar jy dit gekry het?” Sy draai om na Ton. Hy knik sy kop instemmend. “Net agter die rif in die baai by ons huis, waar ek my seeslakke aanhou.”
Hodoul kyk haar stip aan. Dan swaai hy om en gaan staan by die venster. Hy tuur uit oor die see. “Agter die rif aan die suidekant van MonPetit, nie waar nie?” herhaal hy. “Ja, dit is moontlik …” Hy draai terug na hulle. “My groot-grootvader het ’n skip genaamd die Chivonne in daardie omgewing verloor. Gelukkig het hy en die meeste van sy manne geswem na ’n eilandjie nie ver van waar die skip gesink het nie. Volgens sy beskrywing kan dit baie moontlik MonPetit wees.” In Anna se verbeelding sien sy hoe Hodoul se skip, volgelaai met goud, robyne en diamante, onder die blou see by MonPetit verdwyn. Was dit ’n donker, stormagtige nag toe dit alles gebeur het? Hodoul loop op en af op die Persiese tapyt voor sy lessenaar terwyl hy die storie van die Chivonne se laaste reis vertel. “Op die skip was ’n vrag diere vanaf die Île de – vandag bekend as Mauritius. My groot-grootvader het die diere na ons eilande toe aangery, want Mauritius het so vinnig ontwikkel dat baie van die unieke diere daar uiters skaars geword het.” Hodoul frons. “Mense het katte en rotte saamgebring op die skepe, en die voëls op die eilande was nie bestand teen dié roofdiere nie. Die rotte het hul eiers gevreet en die katte het hul kuikens gevang. Jy kan seker aan ’n goeie voorbeeld van so ’n voël dink?” “Dodo’s?” vra Anna effens huiwerig. “Maar natuurlik!” Hodoul glimlag triomfantlik en sy spierwit tande blits in sy baard. “Die dodo is sekerlik die bekendste spesie wat reeds uitgesterf het,” gaan hy voort. “So, wat reken jy was die skat van die Chivonne, jonge Anna? Nie goud en diamante nie, nee, maar ’n hok met van die laaste van hierdie voëls wat oorgebly het. My voorvader se plan was om hulle op een van ons afgeleë eilande te kom vestig. Ongelukkig het die Chivonne nooit haar bestemming bereik nie.” Anna is teleurgesteld. Dis alles baie interessant, maar die dodo het in elk geval uitgesterf. Sy sou ’n storie van regte goud en robyne verkies het. “Was daar dus niks waardevols aan boord van die Chivonne toe dit gesink het nie?” vra sy.
“Niks waardevols nie?” vra Hodoul verstom. “My liewe meisiekind, as daardie dodo’s oorleef het, sou hulle van die grootste skatte op aarde wees!” Anna knik gedwee32, maar sy voel steeds teleurgesteld. “Dis moontlik dat daar ook ander waardevolle items op die Chivonne was.” Hodoul vryf oor sy baard. “Ons weet egter nie presies waar die Chivonne gesink het nie. Maar nou het jy hierdie dolk ontdek! Dit beteken die wrak kan wel in daardie omgewing wees.” “Maar hoekom sou iemand die dagboek en kaarte wou steel?” vra Anna. “Waarvan praat jy?” vra Hodoul. Sy vertel hom wat by die argief gebeur het, van die los diefwering en die oop vensterknip, maar nie dat mevrou Salie haar verdink nie. “Vreemd …” sê Hodoul ingedagte. “Gelukkig is die dagboek ’n afskrif, en ek het kopieë van die kaarte. Dankie dat jy my dadelik kom sê het, Anna. Nou groet ek julle eers. Ek het baie om oor na te dink. Hou die dolk. Jy het dit gevind, laat dit jou skat wees!” Die sekuriteitswag verskyn uit die niet om Anna en Ton na buite te begelei. In die nou verlate straat bak die son steeds warm. “Sjoe, dit was vreemd,” sê Anna gedemp. “Ek kan nie kop of stert van daardie man uitmaak nie, Ton. Steek hy iets weg? Dink hy net ons is lastig?” Ton sê niks. Soms voel Anna lus en gee hom ’n skop. Hy is so korrek en professioneel. Altyd koel en kalm, en hy maak nie sommer geselsies nie. Miskien moet sy tog haar ma vra om te help … Maar dié is soms soos iemand op ’n ander planeet. As daar ’n krisis is, konsentreer sy net op haar werk. Asof die gat in die osoonlaag nog groter gaan raak as sy vir ’n oomblik sou wegkyk, dink Anna vies. Haar pa is egter ’n ander saak. As sy net vanaand ’n paar oomblikke alleen met hom kan praat …
10: Pip kry ’n virus
Terug op MonPetit maak Ton die boot aan die kaai vas. Anna spring uit. Dis reeds veel later as hulle gewone tyd om by die huis te kom. Haar ma maak nie haar verskyning vir aandete nie, en Ton neem vir haar toebroodjies en koffie laboratorium toe. Pip is ook nie homself nie. Hy sit doodstil in sy stoel. Dis net wat Anna wil hê: ’n kans om alleen met haar pa te praat! “Wat’s fout met Pip?” vra sy toe Ton terugkom. Hy tree nader aan haar boetie en lig ’n dekseltjie agter sy linkeroor op. Daaronder is ’n miniatuur-rekenaarskerm versteek. Dit wys Pip se temperatuur, hartspoed en wie weet wat nog in vloeibare kristalsyfers. Ton frons. “Verskoon ons, juffrou Anna. Ek gaan net vir Pip ordentlik deurkyk.” Hy tel Pip op en stap met hom na sy kamer. ’n Rekenaar in die hoek van die kamer kan met ’n kabel agter sy oor gekonnekteer word om sy sagteware op te dateer. Ton sit die slaperige seuntjie neer en koppel hom aan die rekenaar. Terwyl Ton met Pip besig is, glip Anna terug eetkamer toe. Sy wag angstig dat haar pa se gesig op die skerm langs die tafel moet verskyn. Maar niks gebeur nie. Na ’n rukkie kom Ton terug. Hy neem Anna se leë bord kombuis toe en skep vir haar kokosneutroomys in. Steeds is daar geen teken van haar pa se beeld op die skerm nie. Dis duidelik dat sy nie vanaand met hom sal kan praat nie! “Nag, Ton,” sê Anna later, maar hy is nie meer in die kombuis nie. Sy kry hom in Pip se kamer. Haar boetie lê toegemaak onder ’n kombers, en Ton
hou die rekenaarskerm langs sy bed stip dop. Anna loop versigtig nader en loer na haar boetie. Iets is definitief fout met Pip. Sy voorkop en sy armpies wat bo die kombers uitsteek, is oortrek met klein blou knoppies. Ai, dink sy, nou het Pip ook nog een of ander eksotiese33 siekte opgetel. Asof hy nie reeds genoeg van ’n verpesting is nie! Nou gaan niemand tyd hê om aandag aan my´ probleem te gee nie. Asof Ton haar onsimpatieke gedagtes kan lees, praat hy skielik met haar, sonder om weg te kyk van sy blougespikkelde pasiënt. “Juffrou Anna kan dalk vir Maks vra. Hy het geweldig baie inligting in sy databanke. Hy kan dalk net help met daardie misterieuse dolk.”
11: Meneer Amsterdam is weer moeilik
Die holografiese beeld projekteer ’n meneer Amsterdam wat lyk asof hy enige oomblik in trane kan uitbars. “Maar dis ongelooflik! Dis eenvoudig onmoontlik!” Hy kyk beskuldigend na professor Sabatina. “Jy moes gister al besef het wat aangaan! As dit waar is wat jy sê, bring elke liewe oomblik ons nader aan die verdoemenis!” Sabatina gluur hom net aan. Sy wens sy kon hom gooi met iets, maar die regte meneer Amsterdam sit iewers in Europa, duisende kilometers ver. Dit sal dus ’n vermorsing van energie wees. “Dis waar, meneer Amsterdam: elke oomblik tel. Daarom vra ek jou nou om asseblief vir ons ’n kans te gee om ongestoord te werk. Ons maak vordering.” “Vordering? Waar? Al wat ék sien, is die pikswart koerantopskrifte! Hulle praat reeds van ’n internasionale krisis. Die dooie vis wat aan die weskus van Amerika uitspoel, veroorsaak blykbaar so ’n vreeslike stank34 dat hulle president my vandag al twee maal gebel het.” “Ons het reeds vasgestel wat die skielike groei van alge veroorsaak het,” verduidelik professor Atoom. “Dit was sabotasie, ’n geval van bioterrorisme35. Dis aan die gang gesit deur ’n mensgemaakte akoestiese36 sein wat van die seebodem af gestuur is – vanaf hierdie punt.” Sy beduie na ’n plek op die AardWag waar ’n rooi lig pols. “Wat?” roep meneer Amsterdam geskok uit. “Dit klink na loutere bog!” Professor Sabatina vererg haar. “Kom ek wys jou, meneer Amsterdam.” Sy stap vooruit na ’n deel van die laboratorium waar ’n werkbank onder ’n helder lig staan. Die direkteur se half deurskynende hologrambeeld sweef soos ’n spook agter haar aan.
Sy gaan sit op ’n hoë stoeltjie by die werkbank. Voor haar is daar glashouers, bunsenbranders en ’n verskeidenheid elektroniese apparate. Sy verstel haar bril mooi tot op haar neus se punt, neem ’n proefbuis en hou dit teen die skerp lig op. Sy gee die proefbuis ’n skud. ’n Klein klompie liggroen alge dwarrel daarin rond. Sy draai die proefbuis in ’n retortstaander vas, verstel ’n knop op een van die apparate en peuter met ’n paar skakelaars. “Kyk wat gebeur met die alge wanneer ek hulle blootstel aan hierdie spesifieke golflengte. Jy sal niks hoor nie, meneer Amsterdam, want dis buite die reikwydte van die menslike oor.” GROEN se direkteur lyk baie skepties. Die elektroniese apparaat maak skielik ’n bliep, amper soos ’n mikrogolfoond wanneer jou kos klaar opgewarm het. Professor Sabatina skroef die proefbuis los en hou dit weer teen die lig op. Dit lyk nog presies soos voorheen. “Ek het geweet jy mors my tyd,” snork meneer Amsterdam. Sy wange dril van verontwaardiging. “Ek sien nou ek het geen alternatief nie. Ons het geen keuse nie as om die Amerikaanse weermag toe te laat om hulle plan uit te voer. Hulle sal die hele Stille Oseaan met onkruiddoder bespuit. Met vegvliegtuie, vanuit die lug.” “Onkruiddoder! Kan julle dink wat sal gebeur as so ’n massiewe hoeveelheid gifstof in die ekosisteem gestort word?” “Natuurlik weet ek, professor. Maar ons moet iets doen! Terwyl jy hier sit en speel, is ’n natuurlike ramp besig om die aarde te vernietig!” “Natuurlike ramp se voet!” Professor Sabatina neem die proefbuis uit sy staander en druk dit onder meneer Amsterdam se neus. Die water in die proefbuis het ’n merkwaardige verandering ondergaan. Dis nou ’n onheilspellende37 bondel groenpers slym! “Grote genugtig!” roep meneer Amsterdam geskok uit. “Presies,” knik die professor. “En nou, meneer Amsterdam, moet jy my asseblief toelaat om voort te gaan met my werk – ek en my simpel rekenaar. Ons het
vasgestel dat hierdie … kom ons noem dit maar ’n BioGolf … die probleem veroorsaak het. Ek vertrou ons kan ook ’n oplossing daarvoor vind. Verkieslik ’n oplossing wat nie nóg meer skade sal aanrig nie!” Meneer Amsterdam se beeld verdwyn met ’n klapgeluid. “Maks, kom terug. Hy’s weg!” roep die professor. Ligte flikker aan teen die donker mure van die laboratorium. “Skakel aan jou prosesseerders sodat ons twee aan die werk kan kom.” “Ek isse reeds besigs om die spesifieke frekwensie en golflengte te bepaals.” “Van watter spesifieke frekwensie en golflengte praat jy, Maks?” “Die omgekeerde van die BioGolf. Ek rekens dat dit die alge kanne laat ophou groeie en laat vreks, natuurlik!”
12: Streng vertroulik
iraal Atoom is besig om met U6, die rekenaar in die RuimteArk, te praat. Hy verwonder hom opnuut aan die diere wat gewigloos sluimer38 in hul sfere. “Uranus het laat weet dat ons ’n sfeer moet regkry vir nuwe aankomelinge. Verwagte gewig: 23 kilogram elk. Hoogte: omtrent 1 meter.” “Dankie, my liewe U6. Het hy gesê wat dit is? Ek wonder of dit diere is van ons kloningsprogram vir uitgestorwe spesies?” Skielik begin ’n rooi liggie op die iraal se pols te flikker. Dis die Persoonlike Kommunikeerder wat die iraal met MonPetit verbind. “Verskoon my, U6. My vrou wil met my praat.” Die superrekenaar sluit haar kringbane af na die deel van die RuimteArk waar die iraal is. Sy doen dit altyd wanneer hy met sy familie praat. Die iraal luister met kommer na professor Sabatina se verduideliking van wat sy en Maks reken die alge se groei veroorsaak het. “’n BioGolf? Ongelooflik!” roep hy uit. “Ons sal moet gou speel. Dit gaan moeilik wees om ’n apparaat te vind wat ’n teengolf kan veroorsaak, teen presies die regte frekwensie. Is julle doodseker daar is nie reeds iets op aarde wat dit kan doen nie?” “Maks het al sy databasisse deursoek, sonder sukses.” Professor Sabatina klink moedeloos. “Het jy weer dwarsdeur die nag gewerk, my vrou?” “Natuurlik! Ek en Maks moes eenvoudig vasstel wat die moeilikheid veroorsaak het. Boonop pla daai simpel Amsterdam ons kort-kort.” “Jy moet ’n bietjie gaan rus. Rekenaars kan miskien so aanmekaar werk, maar
nie mense nie. Ek sal Uranus kontak, en met U6 se hulp kry ons dalk meer reg.” Die professor knik haar kop instemmend. “Hoe gaan dit met die kinders?” vra iraal Atoom. Sy vrou lyk vir ’n oomblik verward. Sy het skoon van die kinders vergeet! “Toemaar,” troos hy. “Solank Ton daar is, sal die kinders reg wees. Gaan rus nou.” Nadat sy vrou se holografiese beeld verdwyn het, probeer die iraal Uranus Draak kontak. Maar sy ou vriend beantwoord nie sy Kommunikeerder nie. “U6!” roep die iraal. Onmiddellik flikker ligte aan op die e rondom hom. “Weet jy van ’n ossillator39 wat akoestiese golwe kan opwek?” Dis asof die vraag die superrekenaar effens onkant vang. Haar ligte gloei skielik rooier. “Daardie inligting is streng vertroulik,” antwoord sy. “Vertroulik?” Die iraal is verstom. “Waarvan praat jy? Niks van ons werk was nog ooit vertroulik nie!” “Ek is jammer, iraal, maar daardie inligting ís streng vertroulik.” iraal Atoom frons. Die enigste mens wat inligting sou kon klassifiseer as streng vertroulik is Uranus Draak, en hoekom sou sy vriend iets vir hom wou wegsteek? Die iraal het egter al deur die jare ’n paar dinge geleer oor kunsmatige intelligensie. Rekenaars kan nie jok nie, en hy probeer ’n ander taktiek. “Watter ander inligting is ook geklassifiseer as vertroulik?” “Die hele Sektor 16, natuurlik!” Sowaar! Hy weet waar Sektor 16 in die RuimteArk is, maar hy was onder die indruk dis net ’n stoorkamer vir ou en ongebruikte toerusting. Iets vreemds is
aan die gang, reg onder sy neus!
13: Daar is amper niks wat Maks nie weet nie
Anna kan nie slaap nie. Sy is heeltemal te opgewonde oor alles wat gedurende die dag gebeur het. As sy vannag nog enige inligting uit Maks wil kry, sal sy dit op ’n manier moet doen wat haar ma nie sal steur nie. Skielik kry sy ’n plan. Sy gaan sit voor haar rekenaar, skakel die internet aan en stuur vir Maks ’n epos.
Anna:
Omtrent dadelik aktiveer Maks die direkte kommunikasieprogram wat hulle gebruik vir Anna Maks: Anna: Sy druk die dolk onder die oog van die klein webkamera boaan haar rekenaar se skerm. Maks: Anna: Maks: Anna: Maks:
’n Kaart van MonPetit en die omliggende see verskyn op Anna se rekenaarskerm. ’n Kruisie w Maks:
Drie klein prentjies van skepe verskyn op die skerm. Hulle is gemerk: die Felicity, 1768, die Da Gama II, 1482 en die Chivonne, 1802. Die wrak van die Chivonne lê die naaste aan MonPetit. Volgens die kaart rus dit op die seebodem net so vier kilometer vanaf die baaitjie onder die Atoom-huis.
Anna: Ditsem! Raymond Hodoul het oor die Chivonne gepraat. Dit was sy voorvader se skip.
Sy kyk stip na die kaart. Volgens die kontoere val die seebodem skerp na onder op die plek net duskant40 die wrak. Dis diep daar!
Anna: Ons ken die water rondom ons eiland goed. Hoekom het niemand nog ooit ’n teken van Maks: Julle sal natuurlik niks daarvan siens nie. Die Chivonne het gesinke nadat ’n groot golf Anna: Ag nee! Dit beteken ons sal die wrak nooit vind nie. Die Chivonne is verlore vir altyd! Maks: Jy maake al weer ’n fout, kleine Anna. Lawa sal die skip perfekte bewaare, baie soos ’n Anna: Kan jy regtig al hierdie goed doen? Maks: Alte seker! Ons Onderwater-verkenner is toegerusse met al die nodige apparate. Anna: Maks, hoe lank weet jy al van hierdie dinge? Maks: O, Maks het alles nog altyd geweete. Anna: Maar hoekom het jy ons nog nooit voorheen vertel van die wrak nie? Maks: Julle het my nooit gevrae nie!
Anna staar verstom na haar rekenaarskerm. Daar buite, skaars vier kilometer van haar slaapkamervenster af, is die wrak van die skip van een van die mees beroemde seerowers wat nog ooit in hierdie seë gevaar het. En net sy en Maks weet daarvan!
14: Anna gaan oor tot aksie
Die sterre raak dowwer, en in die ooste word die donker van die nag gebleik deur die nuwe dag se son. Op hierdie vroeë oggend bevind die bewoners van MonPetit hulle in verskillende toestande van opwinding en kommer. Anna rol rond in haar bed. Sy droom van verlore eilande. ’n Yslike dodo met ’n driehoekige seerowerhoed en ’n verkyker vasgeknyp onder ’n vlerk loop saam met haar deur ’n digte bos. Hulle is op soek na ’n verlore skat. Anna het ’n kaart in haar hand. ’n Swart kruis merk die plek waar die skat begrawe is, maar die kruis hou aan beweeg. Sodra hulle by die gemerkte plek kom, kruip die kruis oor na ’n ander kolletjie op die kaart. Ton sit langs Pip se bed. Hy het heelnag by hom gewaak, maar nou is hy vas aan die slaap. Pip slaap ook vas. Sy blou uitslag is nou nog erger. Dit lyk asof hy ’n geveg teen ’n vulpen verloor het! Die skerm langs sy bed wys grafieke en flitsende syfers. Sy diagnose41 staan links onder op die skerm: Verspreide PokMasels. Professor Sabatina slaap ook in haar stoel, en om sy “menslike troeteldier” gemakliker te hou, het Maks die laboratorium se ligte laat verdof. Maks is egter net so wakker soos altyd. In die ure ná middernag het hy hom besig gehou met ’n hele paar takies. Hy het die atmosferiese toestande dopgehou, hy het die windspoed oor die woestyne bereken, hy het MonPetit se kruideniersware per e-pos bestel, en hy het die verwagte groeikurwe van die alge in die Stille Oseaan bereken met ’n akkuraatheid wat elke moontlike veranderlike in ag neem. Brak sit tjoepstil in die hoek van Anna se slaapkamer. Sy glasoë gloei nou net dof. Maar dit gaan binnekort verander: hy is gestel om elke oggend sesuur “wakker” te word. Brak se ooglense flikker aan. Sy kop draai twee keer reg in die rondte, en die volgende oomblik begin hy soos ’n rubberbal in die kamer rondspring.
Anna skrik wakker en spring regop in haar bed. Haar hare staan penorent, en haar natgeswete laken het haar in ’n wurggreep beet. Vandag is die dag wat sy die Chivonne gaan vind – met al Hodoul se geheime daarin. Hoe gaan sy haar ma oortuig om haar vandag op ’n uitstappie in die Verkenner te neem? Die krisis wat haar ma so besig hou in haar laboratorium is blykbaar nog nie verby nie. Dit kan dae vat voor sy weer kans kry om saam met haar kinders uit te gaan. Sy gaan soek Ton in die kombuis. Hy is besig om vars kokosneutmelk in ’n glas te skink. Dis Pip se gunstelingdrankie. Ton lyk moeg en bekommerd. “Vandag, juffrou Anna, is nie die regte dag vir stories en avontuur nie. Die planeet is in ’n reusekrisis gedompel. Jou moeder en Maks doen hul bes om die ekologie van die aarde van algehele ondergang te red. Jou broer ly aan ’n slegte aanval van verspreide PokMasels. Dit, vir jou inligting, is ’n baie ernstige virus wat BioTrone aanval. Vir die volgende dag of twee het hy my onverdeelde aandag en sorg nodig.” Ton lyk so streng dat Anna gedwee knik. Sy eet haar ontbyt sonder om teë te praat, maar haar gedagtes hol rond soos hase. Dis Saterdag. Sy het die hele dag voor haar en niks anders om te doen as om ’n verlore seerowerskip te probeer opspoor. Hoe kan sy wag?
15: Die Onderwater-verkenner
Anna trek haar pers swembroek aan en gooi ’n handdoek oor haar skouer. Asof hulle sommer net vir ’n stappie gaan, drentel42 sy en Brak af see toe. Hulle nader die klein strandhut wat die ingang na MonPetit se grotte versteek. As my ma nou vanuit haar laboratorium te voorskyn kom, dink Anna, vertel ek haar als en vra of sy sal saamgaan. Maar sy hoop verniet. Vir ’n rukkie draai sy daar rond en trek patrone met haar toon in die sand, maar daar is geen teken van haar ma nie. Met ’n sug stoot Anna die houtdeur van die strandhut oop. MonPetit se versteekte garage is in ’n yslike grot wat dof verlig word deur groen fluoorligte. In die donker water van die meer dobber43 ’n glimmende vorm langs ’n houtplatform. Dis die Onderwater-verkenner. Die klein duikboot is rats en vinnig. Dis gebou van dieselfde materiaal as die iraal se RuimteArk: ’n dik, deurskynende plastiekstof, sterker as staal. Twee mense pas gemaklik in die eiervormige ruim van die Verkenner in. Die agterkant is gevorm soos ’n vis se stert, met twee stabiliserende vinne aan elke kant wat help om die vaartuigie te stuur. Dit word aangedryf deur twee kragtige enjins. Anna stap na ’n kontrolepaneel aan die wand van die grot en druk ’n hefboom. Die luik in die seepoort word onder die watervlak geaktiveer. Iewers onder haar voete begin ’n masjien saggies brom. Sonlig van die oop see af glip die grot binne en verlig dit dofweg. “Kom, Brak!” roep Anna en draf oor die houtplatform tot by die Verkenner. Sy klap die deurskynende luik aan die bokant oop, klim in en sak af tot in die stuurstoel. Met een sprong tuimel Brak agterna. Hy begin opgewonde blaf. “Stil, Brak!” beveel sy. “Sit!”
Hy kom sit op die sitplek langs haar. Sy stert swaai en ’n pienk rubbertong hang by sy bek uit. ’n Robothond het sy voordele! Hy is heelwat slimmer as ’n regte hond, en hy lig nie sy been teen elke boom nie. Sy haal die dolk uit haar rugsak en sit dit op haar skoot neer. Dan druk sy ’n groen knoppie op die paneel voor haar. Maks se stem vul dadelik die kajuit. “Goeiemôre, Anna!” “Môre, Maks. Ons sending vandag is om die Chivonne te vind, skat en al! Ek neem aan jy is lid van ons span, of is jy ook te besig?” “Natuurlik nie, Maks kan vele dinge gelyk doene. Jou ouers en Ton hou heelwats van my prosesseerders besig op die oomblik, maar Maks het nog pakke vol gigagrepe oor om met Anna te speels!” “Dis g’n speletjie nie, Maks.” Anna voel skoon moedeloos. Sowaar, niemand neem haar ernstig op nie! Maar sy kan hierdie avontuur nie sonder die superslim rekenaar aanpak nie. “Jy sal vir niemand hiervan vertel nie, nè, Maks?” “Ek het nie instruksies gekrys om dit te doene nie. Wil jy hêe ek moet professor Sabatina laat weets?” Anna onthou dat kunsmatige intelligensie op ’n ander manier werk as ’n biologiese brein. So slim as wat Maks is, kan hy nie regtig vir homself dink nie, hy volg bloot die programme wat vir hom geskryf is. Sy kan sekerlik nie verwag dat ’n blikbrein verantwoordelikheid en pligsbesef moet verstaan nie. “Nee dankie, Maks. Ek wil haar tog nie pla as sy al weer besig is om die wêreld te red nie. Kom ons gaan!” “Sal ek bestuur?” vra Maks hoflik. “Nee dankie, ek kan self. Maar bly in kontak, jy is die navigator!” ’n Driedimensionele kaart van die see rondom die eiland verskyn op die skerm voor Anna. Die plek waar Maks reken die Chivonne gesink het, is gemerk met ’n duidelike rooi kruis.
Die enjins van die Verkenner begin zoem. Anna druk die stuurstok vorentoe en af. Die vaartuig se neus gly gladweg onder die water in. Sy stuur in die rigting van die lig wat van die seepoort af instroom. Soos ’n silwer borrel glip die Onderwater-verkenner uit die ondergrondse meer, uit na die oop see toe.
16: Sektor 16
iraal Atoom dryf voor ’n kleinerige ysterdeur gemerk “Sektor 16”. Die deur is gesluit met ’n Breingolf-herkenner, ’n knap stukkie sekuriteitstoerusting wat hy self ontwerp het. Die Breingolf-herkenner identifiseer jou breingolfpatroon, so uniek aan elke mens soos ’n vingerafdruk. Indien jou breingolfpatroon goedgekeur is vir toegang, maak dit die deur vir jou oop. Dis onfeilbare44 tegnologie, en die iraal weet dit alte goed. Hy dink aan maniere om die deur oop te breek. Hy móét eenvoudig weet wat agter hierdie deur vir hom weggesteek word! Die iraal gee homself ’n stootjie weg van die deur af. Sy plan is om na sy werkswinkel te gaan en daar iets te soek waarmee hy dalk die deur kan oopbreek. Maar soos hy wegdryf van die deur af, hoor hy skielik ’n sagte klikgeluid. Die deur is nou oop! Hy druk homself terug in die rigting van Sektor 16. ’n Duidelike klikgeluid kondig aan dat die deur homself weer gesluit het. Die iraal toets dit nog ’n paar keer. Sodra hy ’n entjie weg is, gaan die deur oop, maar dit sluit sodra hy nader kom. Dis gou vir hom duidelik dat die Breingolf-herkenner so gestel is dat hy spesifiek uitgesluit word. Hoekom? Dit maak die iraal net meer vasbeslote45om by daardie deur in te kom. Hy weet nou al dat U6 geprogrammeer is om Sektor 16 geheim te hou; dit sal dus niks help om haar uit te vra nie. Dan kry hy ’n blink plan. Vir ’n rukkie al werk hy aan ’n toestel wat hy die Molekulêre Versteller gedoop het. Hy het dit ’n paar dae tevore op ’n padda getoets. Die sensitiewe instrumente waarmee hy die padda se toestand gemonitor het, het duidelik gewys dat die elektriese veld om die padda erg versteur was. Vir ’n minuut of so sou daardie padda se breingolwe
waarskynlik heeltemal onherkenbaar gewees het. Die iraal reken dus dat daar ’n goeie kans bestaan dat hy sy eie breingolfpatroon genoegsaam kan versteur om die Breingolf-herkenner te fnuik46. Terug in sy laboratorium werk die iraal vir omtrent ’n kwartier aan die Molekulêre Versteller. Hy pas dit aan vir sy gewig en samestelling. Hy moet al die fyn berekeninge sonder die hulp van U6 doen, en hy hoop maar dis akkuraat! Uiteindelik is hy gereed om te probeer. Die Molekulêre Versteller is te groot om rond te dra. Die iraal kan maar net hoop die effek op sy breingolwe sal hou totdat hy by die deur van Sektor 16 is. Hy fokus die Versteller op homself en druk die skakelaar met ’n vinger wat effens bewe. Hy voel ’n kielierigheid deur sy hele lyf trek, en sy voete raak swaar. Die iraal skop homself weg in die rigting van die deur en sweef gewigloos in die gang af na Sektor 16 toe. Maar iets voel baie anders. Hy dryf nie soos gewoonlik nie, maar beweeg eerder in groot spronge soos wat ’n gewone man sou doen in die swak gravitasiekrag van die ruimtestasie. Nog voordat hy verder daaroor kan wonder, is hy by Sektor 16. Hy nader die deur – en dit bly oop. Sy plan het gewerk en hy gaan die vertrek binne! Maar die effek van die Molekulêre Versteller hou nie langer as dit nie. Die iraal voel ’n vlaag naarheid oor hom toesak soos sy molekules na hulle vorige toestand terugkeer. Alles word swart rondom hom. Hy verloor sy bewussyn, en ook sy soliede vorm wat hy vir ’n paar minute teruggekry het. Sy slap, vormlose liggaam dryf bewusteloos in die RuimteArk se geheime Sektor 16 rond.
17: Onsigbare gevaar!
’n Kombers van rooibruin alge sprei nou vanaf die suidelike deel van die Stille Oseaan. Soos dit ooswaarts strek, word die water vlakker en ook ryker aan suurstof. Dit laat die alge nog vinniger groei. Die see rondom Paaseiland is gou toegegroei, en die alge neem ook nie lank om die weskus van Suid-Amerika te bereik nie. Na die weste het die oorgroeiing reeds Polinesië bereik, en dit strek daarvandaan in die rigting van die Cook- en Solomon-eilande. Toe Anna die oggend op haar soektog na die Chivonne vertrek, bereik die alge die ooskus van Australië. Die dik laag alge wat op die oseane dryf, versteur die delikate47 suurstofbalans in die water. Miljoene plantselletjies keer die sonlig af van die lewe in die see. Die plankton, ’n ryk sop van mikroskopiese skulpdiertjies en plante, word eerste beïnvloed en begin kwyn48. Soos wat hierdie lewensvorme doodgaan, floreer49 die bakterieë wat gewoonlik op dooie alge en plankton leef. Dié ongebalanseerde groei suig die laaste bietjie suurstof uit die water. Nog voordat die vis en ander seediere wat van plankton leef hul volgende maaltyd kan mis, begin die suurstoftekort hulle al versmoor. Onder die dik kombers van alge gaan alles dood. Net die seevoëls het ’n fees, want die see is vol dooie vis. Hulle eet hulleself trommeldik sonder om te weet dat dié oorvloed van korte duur gaan wees. Binnekort sal daar niks meer oor wees in die see se spens nie. Dan is dit hulle beurt om leweloos op die strande te lê. Van haar sitplek langs die AardWag kyk professor Sabatina magteloos na hierdie grootskaalse verwoesting. Meneer Amsterdam is so besig om die krisis te hanteer dat hy nie weer tyd kry om professor Sabatina te pla nie. “Dis die enigste ligpuntjie in hierdie verhaal, Maks,” sug sy en trek aan haar hare wat al penorent staan. Maar die superrekenaar is stil, net die twee prosesseerders suis saggies.
“Ek het nou die presiese frekwensie, golflengte en tydsduur vir ’n teengolf uitgewerks,” kondig Maks skielik aan. “Dit sal die alge bykans onmiddellik laat stops groeis.” Die superrekenaar projekteer sy bevinding op die skerm voor professor Sabatina. “Is jy seker dit sal werk, Maks?” wil sy weet. “En waarvandaan moet die golf kom?” “Dit maaks nie regtig saake nie. Akoestiese golwe met baie lae frekwensies soos hierdie kans baie ver trek sonder om hul eienskappe te verloors.” Die professor frons. “Maar waar gaan ons toerusting kry om dié ongewone frekwensies te kan opwek?” “Ek kry dit nie reg om kontaks met U6 te makes nie. Ek het gehoop sy kan helpe. ” “Wat van my man?” wil professor Sabatina weet. “Hy antwoords my ook nie!”
18: U6 maak ’n fout
Professor Sabatina druk ’n sleutel op die paneel voor haar. Dit verbind haar met die Persoonlike Kommunikeerder wat haar man aan sy arm dra. Tweeduisend meter bo die aarde flikker ’n liggie op iraal Atoom se Kommunikeerder, maar sy arm bly slap soos die res van sy liggaam wat in Sektor 16 ronddryf. “Abraham, Abraham! Kan jy my hoor?” Die iraal maak sy oë stadig oop. Hy kyk om hom rond. Dan begin hy die gebeure van die laaste paar uur onthou, en hy besef dat hy onderstebo in die verbode Sektor 16 ronddryf. Hy draai hom om, en soos hy nader aan die deur beweeg, hoor hy hoe dit met ’n ferm klikgeluid sluit. “O, wee,” dink hy hardop. “Die effek van die Molekulêre Versteller is uitgewerk en nou lees die vervlakste Brein-herkenner weer my breingolfpatroon. Ek het nooit gedink hoe ek hier gaan uitkom nie!” “Abraham, waar is jy?” hoor hy weer sy vrou se dringende geroep. Hy aktiveer sy Persoonlike Kommunikeerder. “Hier’s ek, Sabatina. Als reg hierdie kant. Wat gebeur aan julle kant?” “Waar op aarde wás jy? Ons is siek van bekommernis oor jou!” “Toe nou, skattie. Jy weet mos ek is nêrens op aarde nie!” Professor Sabatina voel verlig om haar man weer op sy ou manier te hoor grappies maak. Sy vertel hom van Maks se plan. Terwyl sy praat, kyk iraal Atoom in die vertrek rond. Sektor 16 is beslis geen stoorkamer nie! Instrumente bedek byna al die mure. Dis die baie gesofistikeerde beheerstasie van een of ander projek.
Hy blaai deur die programme op ’n rekenaarskerm. Dit neem die iraal nie lank om Sektor 16 se geheim te ontrafel nie.
19: In die diep blou see
Die Onderwater-verkenner laat die seepoort agter. Voor Anna wink die oop see. Brak blaf opgewonde. Onder die oppervlak van die water ontvou ’n landskap so mooi dat dit jou asem wegslaan. ’n Groep pienk inkvisse swem naby die Verkenner verby. Anna voel asof sy binne-in een van daardie glasborrels is waar skitterende skyn-sneeu om ’n plastiekfeetjie fladder as jy dit skud. Stadig vaar hulle dieper water binne. ’n Paar pylvisse gly statig verby. Hulle steur hulle nie aan die indringers nie. Skielik is die Verkenner binne-in ’n reuseskool harders. Hul silwer lywe swem stadig in gelid50, net soos ’n regiment soldate. Brak grom. Anna giggel. Die sagte pastelkleure van die koraalrif verdiep in skadu en hulle bereik dieper water. ’n Koue rilling van twyfel kriewel skielik teen Anna se ruggraat af. Doen sy die regte ding? Hulle beweeg nou deur ’n manjifieke onderwater-landskap. Granietrotse so groot soos versonke51 katedrale rys uit die seebodem op. Anna moet die Verkenner tussen hulle deur navigeer52. Dis glad nie so maklik nie, want die gety suig deur die openinge tussen die rotse en veroorsaak dwarrelstrome wat die klein vaartuig rondstoot. “Gee ’n bietjie meers spoed,” sê Maks. Anna volg sy raad en dit gaan dadelik makliker. Sy stuur die Verkenner om die skouer van ’n besondere groot granietrots, en skielik is hulle in die diepsee. Brak het hom opgekrul op die sitplek langs Anna, met sy neus gemaklik onder sy rubberstert ingedruk. Die geluid van die Verkenner se enjins en die gevoel van
beweging het sy slaapprogram geaktiveer. Sy druk harder op die stuurstok. Die Verkenner se enjins skop oor na ’n laer rat en die vaartuig skiet vorentoe. Ek gaan net ’n video neem van die wrak en dan omdraai, besluit Anna. Ek sal terug wees by die huis nog voordat iemand kon agterkom ek was weg.
20: Dinge raak duideliker
Professor Sabatina se dag verloop nie so goed nie. “Wat is ons kanse om betyds iets op te spoor wat die werk kan doen, Maks?” “Ons enigste hoop is om U6 in die hande te krye. Of miskien die iraal, of selfs doktor Draak. Hulle sal dalk weets van iets wat dit kan doene.” Op daardie oomblik aktiveer iraal Atoom weer sy Persoonlike Kommunikeerder en herstel sy verbinding met hulle. Die skielike verskyning van sy bebaarde bakkies op die skerm voor haar laat professor Sabatina wip. Die iraal grinnik53 breed, maar hy beduie vir haar om stil te bly. Hy hou ’n stuk papier voor die kameralens van sy Persoonlike Kommunikeerder.
SJUUT! U6 MAG ONS NIE HOOR PRAAT NIE Hy frommel die stuk papier op, en hou ’n ander een voor die kamera.
KYK HIER!! Toe draai hy sy arm so dat die kamera op sy Persoonlike Kommunikeerder na die kontrolepaneel van die instrumente in Sektor 16 wys. Stil-stil neem iraal Atoom sy vrou op ’n videotoer van die geheime afdeling. Professor Sabatina vergeet skoon hoe moeg sy is. Sy krabbel terug op ’n stuk papier:
Maar hoekom? Die iraal trek sy skouers op.
Die liggies op Maks se kontrolepaneel flits woes. Die videodata word nie in sy sisteem ingevoer op ’n manier wat hom in staat stel om te verstaan wat aangaan nie. Boonop het die professor die klank van sy luidsprekers afgedraai toe iraal Atoom haar gewaarsku het om stil te bly. Gevolglik hoor niemand hoe Maks kerm en protesteer nie. Die superrekenaar is nie gewoond daaraan om so sleg behandel te word nie! Professor Sabatina wys ’n beskrywing van die teengolf soos Maks dit bereken het vir die iraal op die dataskerm van die AardWag. Dit neem haar man net ’n paar sekondes om dit alles te snap. Hy waai vrolik vir haar, gee haar die duim-op-teken en onderbreek hulle verbinding. Hy het werk om te doen. Professor Sabatina stel die volume van die luidsprekers weer op normaal, maar Maks is stil. “Ek weets nie wat aangane nie!” Dis nogal ’n verstommende idee. Maks weet altyd alles. “Daar is ’n geheime sektor in die RuimteArk waarvan net Uranus geweet het, die sogenaamde Sektor 16. Abraham het op een of ander manier daarvan uitgevind en daarin geslaag om dit binne te dring sonder dat U6 of Uranus dit agtergekom het. Sektor 16 is toegerus met die beheerstelsel van ’n apparaat iewers in die Suidsee wat presies die tipe golf kan opwek waarvan jy nog die hele tyd praat. Ek en Abraham kon nie soos gewoonlik kommunikeer nie, anders het U6 dalk sy stem herken en besef hy is op verbode terrein.” “Maar U6 is my liefie!” protesteer Maks. “Dit mag so wees, maar iets groots is verkeerd daar bo in die RuimteArk. En onthou, sy’s geprogrammeer om Uranus se bevele te gehoorsaam.” “En Uranus is die boef wat die BioGolf veroorsaak het,” som Maks die saak op. “Net so!” Professor Sabatina kan steeds nie glo dat hul ou vriend tot so iets in staat was
nie, maar niemand anders as hy kan verantwoordelik wees vir die BioGolf nie. Sy draai terug na die AardWag. Die alge het nog ’n paar sentimeter oor die oppervlak van die aarde se holografiese beeld gekruip. Maar nou voel sy nie meer so desperaat en moedeloos nie. Haar man het die formule vir die korrekte teengolf om die hele gemors uit te sorteer. Hy het toegang tot toerusting wat dit kan doen. Sy kan nou ontspan; hy sal sorg vir die res. Sy staan op uit die stoel waarin sy al heelnag sit en strek haar uit. “Ek gaan koffie soek, Maks.” Sy stap uit in die helder tropiese dag.
21: Die dapper verkenners
Anna geniet haar uitstappie. Die Onderwater-verkenner gly diep onder die water voort soos ’n gewiglose borrel. Nou is die seevloer gelyk, en dit daal geleidelik af na die rand van die onderwater-plato54 waarop die eilande lê. Sy besef hulle moet wegbly van die rand van die plato af. Dit vorm ’n loodregte afgrond waar die see skielik so diep as tweeduisend meter word! Dis ’n onwerklike donker plek waar die drukking só hoog is dat dit die Verkenner sal opfrommel soos ’n papierkardoes55. Ver bo Anna se kop glim die seeoppervlak soos ’n omgekeerde spieël. Sy probeer vir Brak al die interessante dinge en diere wys wat hulle teëkom, maar sy ooglense flikker net ’n paar keer. Dan dut hy weer verder. Ek wonder wat ’n regte hond sou doen, dink Anna. “Ek wonder of ’n regte hond ook heeltyd sou slaap met al die opwindende dinge rondom hom, soos Brak hier. Wat dink jy, Maks?” “’n Regte hond sou nou al sy been iewers wou ligs.” Anna giggel. Die Verkenner is nou nie meer ver van die plek waar die Chivonne gesink het nie, sien Anna op die skerm voor haar. “Dit was nogal ’n entjie wat Hodoul en sy manne moes swem om by ons eiland uit te kom,” sê sy vir Maks. Sy stel haar die noodlottige56 gebeure van daardie aand voor, tweehonderd jaar gelede. Dit was ’n donker nag. Oral het matrose in die see rondgespartel. Kon hulle die buitelyn van MonPetit-eiland op die horison sien, afgeëts teen die sterlig? Dalk het honger haaie reeds nadergesirkel. Iewers in dié stryd om oorlewing het Hodoul sy dolk verloor.
“Ons is daars in drie minute,” sê Maks. Anna kyk hoe die seevloer verder wegval onder die klein vaartuig. Die landskap verander nou vinnig. Die seebodem is hier bedek met ’n soliede vloer van gestolde swart lawa en die water is skoon en helder. ’n Rilling trek deur haar en sy voel opnuut onseker oor die ekspedisie57. “Maks, kan ons ’n videobeeld kry van die plek waar die skip is?” “Ek kan beters doene as dit!” spog Maks. Hy aktiveer die Ondergrondse Skandeerder waarmee die Verkenner toegerus is. ’n Driedimensionele beeld van die seevloer word op die skerm voor Anna geprojekteer. Dis asof die dik laag lawa deurskynend raak, en onder dit is die seebodem van sand en rots duidelik sigbaar. Die Ondergrondse Skandeerder vind eerste ’n kanon wat ’n entjie van die skip weggeslinger is toe dit gesink het. Dis perfek bewaar, en die Skandeerder wys tot die naam wat daarop gegraveer is: Chivonne. Dan sien Anna iets wat haar penregop laat sit: ’n prentjie van ’n dodo, duidelik uitgekerf onder die naam van die skip. “Fantasties!” roep sy uit. “Ons is beslis op die regte spoor, Maks!” Maar die volgende oomblik vergeet Anna heeltemal van die kanon. Hulle het die wrak gevind!
22: Die wrak van die Chivonne
Die Chivonne lê op haar sy, bedek met ’n begrafniskleed van gestolde swart lawa. ’n Diepseeduiker sou reg bo-oor die wrak kon swem sonder om dit raak te sien. Maar selfs tyd kan geheime nie vir Maks wegsteek nie. Soos die Verkenner oor die wrak vaar, teken die Ondergrondse Skandeerder ’n duidelike beeld van die verlore seerowerskip op die skerm voor Anna. Die Skandeerder wys die fynste besonderhede, selfs ’n tros versteende piesangs wat iemand meer as tweehonderd jaar gelede op die dek gehang het om ryp te word. ’n Verdrinkte seeman gee Anna ’n nare skok. “Jig!” roep Anna uit. “Dis nie die vonds waarna ek soek nie!” Dan merk Anna iets interessants: ’n vierkantige hok wat bykans die hele vloerspasie van die kajuit vol staan. En daarbinne is die oorblyfsels van twee groot voëls. “Dodo’s!” sê Maks. Anna voel jammer vir die twee outjies wat so lank gelede hier gesterf het, maar dan verskuif haar aandag na belangriker dinge. Sy is hier om ’n skat te vind. Dis immers hoekom ’n mens na ’n seerowerskip gaan soek! “Kan jy die beeld van die skip se vragruim vergroot, Maks?” Die buitelyne van ’n skatkis: dís waarna sy soek. Nie dooie matrose en dooie dodo’s nie!
23: Ontmoeting met ’n diepseemonster
Iets anders as ’n skatkis trek Maks se aandag. “Kyke hierna!” Hy verander die beeld op die skerm sodat dit weer die kaart van die omgewing rondom die wrak wys. “Wat is dit, Maks?” “Ek hous dit al vir ’n minuut dop,” verduidelik die rekenaar. “Die ding is baie vinnigs. Dit kom na ons toe aan teen ’n spoed van bykans tagtig kilometers per uurs!” Anna begin paniekerig58 voel. “Dit pyl reg op ons af!” “Dit swems onderwater, maar dit kan nie ’n duikboot wees nie, want my sensors telle geen tekens van masjienvibrasies op nie.” “Kan jy die beeld duideliker maak?” Die beeld op die skerm voor haar verdwyn ’n oomblik en verskyn dan weer, nou ingefokus op die aankomende voorwerp. Anna snak59 na haar asem. “Dis ’n reuse-inkvis!” roep sy uit. Anna is skielik vreesbevange. “Kom ons maak dat ons wegkom!” “Dit sal niks helps nie. Die ding is vele vinnigere as die Verkenner.” Maklik vir hóm om te praat, dink Anna. Hy is nie regtig ín die Verkenner nie. Hy sit veilig iewers in ’n staalkassie op MonPetit. Sy haal ’n paar keer diep asem om kalm te bly. Dis die eerste reël van onder water wees: Moenie paniekerig raak nie. Haar ouers het haar dit geleer die heel
eerste keer wat sy haar toon in die water gesteek het. As jy paniekerig raak, verloor jy jou oordeelsvermoë. Jy gebruik jou suurstof vinniger op, en dis dikwels die rede hoekom mense in die see verdrink. Sy kan die inkvis nou duidelik op die skerm sien. Sy mantel gaan oop en toe nes ’n reusesambreel soos wat hy homself vorentoe du60. Sonlig vanaf die seeoppervlak glim dof op die pienkrooi lyf. Die inkvis se oë is so groot soos motorwiele sodat selfs die geringste ligstraaltjie benut kan word om in die donker diepsee te sien. Dit laat hom amper komieklik lyk, maar sy agt arms met hulle sterk suiers is duidelik geen grap nie. Twee lang tentakels61 sleep soos knuppels agter die yslike lyf aan. Anna sit versteen van die skrik, en die Verkenner hang bewegingloos omtrent vier meter bo die wrak van die Chivonne. “Dis geen gewone inkvis daardie nie,” waarsku Maks skielik. “Daardie inkvis is ’n BioTron!” “’n BioTron?” vra Anna verbaas. “Soos Pip? Dit kan tog nooit wees nie!” Sy kan die monster nou met die blote oog sien: ’n donker vorm halfpad tussen die seebodem en die oppervlak wat vinnig groter word soos dit nader storm. Die volgende oomblik is dit op hulle! Op die laaste oomblik voordat die inkvis teen die duikboot sou vasswem, swenk hy en skiet verby hulle. Anna sien die groot geel oog wat net vlugtig by die kajuit van die Verkenner inkyk, en dan is hy weg. Die vaartuig wieg asof dit deur ’n stormwind getref is. Dan raak alles weer doodstil. Op die skerm voor haar sien Anna hoe die monster spoed verloor. Hy kom tot stilstand ’n hele ent agter hulle. Dan draai hy stadig om en staar stip na hulle met sy geel oë. “Julle beter wegkoms daar!” sê Maks dringend. “Maar Maks, jy het vroeër gesê ons kan nie wegkom nie, want die dierasie is te vinnig vir ons. Nou sê jy ons moet wegkom hier. Wat moet ek doen?” “Ek stel voor jy rye stadig weg. Kom ons kyk wat gebeurs!”
Sy neem die stuurstok en draai die Verkenner stadig om. Vergete is die wrak van die Chivonne en enige skat wat dalk daar binne begrawe mag lê. Al wat sy wil hê, is om weer haar voete veilig op droë grond te kry.
24: Wat het van Anna geword?
“Waar is Anna?” wil professor Sabatina weet. Ton kyk op van waar hy besig is om ’n elektrode aan Pip se voorkop te koppel. Die blou uitslag van die PokMasels het nou verdof tot geelblou vlekke. “Miskien in die kombuis, professor? Seker weer besig om ’n piesang-enkaastoebroodjie te maak.” Dis deesdae Anna se geliefkoosde versnapering62. “Nee, ek het reeds daar gekyk.” “Dan is juffrou Anna sekerlik in haar seeslak-akwarium. Ek het haar so twee uur gelede na die strand toe sien afstap.” “Maks, wys my die eiland!” beveel professor Sebatina die rekenaarterminaal in Pip se kamer. Dadelik verskyn ’n kaart op die rekenaarskerm. Dit wys die hele MonPetiteiland en die see wat dit omring. Sy druk met haar vinger op die plek waar Anna se seeslak-akwarium uitgebeeld word. Die kaart vergroot en wys meer detail. Daar is geen teken van Anna nie. Professor Sabatina en Ton soek oral, maar hulle kry haar nêrens in die huis nie. Die professor bestudeer weer die kaart van die eiland. “Waar kan Anna wees?” “Vrae jy vir my?” wil Maks weet. “Nee, Maks, ek VRAE jou nie, ek VRA jou!” grom professor Sabatina geïrriteerd. Die beeld op die rekenaarskerm verander weer. Dit wys die Onderwaterverkenner wat bo ’n donker seebodem hang. Maks se sensitiewe opnemers wys duidelik die vorm van Anna in die bestuursitplek, met Brak langs haar. Omtrent honderd en vyftig meter van hulle af sirkel die reuse-inkvis dreigend.
“Wat op aarde is dit?” roep die professor geskok uit. “Dis die grootste reuse-inkvis nog ooit gesiens. Familie Architeuthis, omtrent dertig meters lanke, daarom waarskynlik ’n wyfie – hulle words die grootste. Soos jy weete, is ’n gewone bus omtrent dertien meters lank, so hierdie meisie is omtrent kolossale. Boonop is sy ’n BioTron, en sy is baie aggressiewe.” “’n BioTron?” Professor Sabatina is verstom. “Maar wat soek Anna daar in die see? Boonop alleen?” “Sy is nie alleens nie,” protesteer Maks. “Brak is saam, en ekke is ook heeltyd in verbinding met haar. Maks beheer en navigeer die Verkenner.” “Jy!” Professor Sabatina wil stik van woede. “Jou … blikkop!” Sy besef ’n redenasie met die rekenaar sal haar nou niks help nie. Hy verstaan eenvoudig nie mense se dinge nie, en duidelik weet hy niks van kind oppas nie. Skuldgevoelens oorweldig haar. Sy het nie veel beter gevaar nie! Die laaste twee dae het sy geen aandag aan Anna gegee nie. Sy was net behep met die ekologiese ramp wat deur die BioGolf veroorsaak is. Maar dis geen verskoning nie. Sy behoort altyd te weet wat in haar dogter se lewe aangaan. Sy haal ’n slag diep asem om haarself te kalmeer. “Wat soek hulle daar in die see, Maks?” “Dit kan ek dalk verklaar, professor,” bied Ton aan. Professor Sabatina swaai om na hom toe, haar woede skielik weer wakker. Ton! As hy iets hiermee te doen het, sal sy hom persoonlik te lyf gaan. Al is hy omtrent vier keer groter as sy. “Anna soek die Chivonne,” verduidelik Ton met ’n bekommerde stem. “Dit was een van Hodoul se skepe wat iewers naby ons eiland gesink het meer as tweehonderd jaar gelede. Ek dink sy het die skip gekry, of hoe, Maks?” “Nee, ekke het dit gekry,” spog die rekenaar. “Maar sy´ is die een daar buite in die see, in doodsgevaar!” roep professor
Sabatina uit. “En jy´ het haar tot daar gestuur!” Maks se programmering registreer die histeriese toon in die professor se stem en sy waarskuwingsliggies gaan aan. Dit beteken hy moet eerder stilbly as om verder te reageer. Professor Sabatina dwing haarself tot kalmte. Sy weet dit sal haar niks help om met Maks te staan en baklei nie. Kunsmatige intelligensie het sy beperkinge. Kunsmatige onnoselheid sou ’n meer gepaste term wees, dink sy grimmig63. Haar menslike brein snap skielik presies hoe Uranus Draak se bose plan aanmekaar gesit is. “Maks, kry die iraal!” beveel sy dadelik. “Gebruik ons noodkode!” Omtrent onmiddellik verskyn iraal Atoom se bebaarde gesig op die skerm voor haar. “Dis ’n BioTron, Abraham!” roep sy uit. “Die rede hoekom ons nie die BioGolfopwekker kon opspoor wat uit die geheime sektor beheer word nie, is omdat dit weggesteek is in ’n BioTron van ’n reuse-inkvis, en die ding is besig om Anna aan te val!”
25: Aanval!
Die inkvis pyl op die Verkenner af. Voor Anna mooi besef wat gebeur, word die klein vaartuig omring deur die gedierte se dik arms. Suiers so groot soos sopborde suig reg voor haar neus teen die romp64 van die Verkenner vas. Sy kan duidelik sien hoe die inkvis se papegaaiagtige bek oopsper65 vir ’n eerste gulsige hap. Dit kerf ’n gleuf uit die wand van die Verkenner, maar die materiaal waarvan die vaartuig gemaak is, is glad soos seep en baie sterk. Die reuse-inkvis hou die Verkenner stewig met haar suigpote vas en begin om met haar bek te rasper aan die deursigtige wand. Skerwe van die harde materiaal waarvan die duikboot gemaak is, begin opkrul soos die hout van ’n potlood in ’n skerpmaker. Vir ’n paar sekondes is Anna verlam van vrees. Brak se gromme het verander in ’n angstige getjank. Dan onthou sy die belangrikste les van die see: Moenie paniekerig raak nie, bly kalm! Sy kan nie net hier sit en wag om soos ’n sardien uit ’n blik gesny te word nie. Sy moet loskom uit die greep van die monster. Sy druk die knop op die stuurstok van die Verkenner na sy maksimumposisie om volle versnelling aan die twee motore te gee. Die klein duikboot stoei teen die krag van die inkvis se arms, maar kry dit tog reg om stadig in beweging te kom. Maar die inkvis klou! Soos wat sy oor die seevloer gesleep word deur haar prooi, vererg sy haar en spuit ’n swart wolk ink in die water. Alles word stikdonker rondom Anna en Brak, net die gloeiende kontroles van die Verkenner is nog sigbaar. Dan tuimel die wêreld om hulle soos wat die monster die vaartuig onderstebo draai. Anna verloor haar greep op die stuurstok en kap haar kop teen iets hards toe sy vorentoe val. Sy voel hoe bloed oor haar voorkop loop. Die inkvis begin hulle rondskud soos ’n kat wat met ’n muis speel.
“Maks, help!” roep Anna. “Gebruike die laser!” “Laser? Watter laser?” “Die Verkenner hets ’n lasersnyer om rotsmonsters vanaf die seebodem los te snye. Dis nie gemaaks as ’n wapen nie, maar dit mag werke!” Maks wys vir Anna waar die laser se skakelaar is deur ’n liggie op die kontrolepaneel van die Verkenner te aktiveer. Sy druk ’n bewerige vinger daarop. ’n Helderrooi straal skiet van die Verkenner uit. Dit swaai dronkerig deur die donker soos wat die inkvis die duikboot rondskud. Kalm bly, kalm bly, Anna! Sy beweeg haar vinger oor die druksensitiewe skerm wat die laser beheer. Die laserstraal reageer en sirkel met ’n boog deur die water. Dit vind een van die inkvis se arms en sny dit netjies van haar lyf af. ’n Wolk inkvisbloed sprei deur die water. Anna sien hoe die afgesnyde arm steeds krullend na die seebodem sak. Vir ’n oomblik verslap die inkvis haar greep. Anna gryp die stuurstok en aktiveer die motore tot topspoed. Die duikboot glip uit die arms van die monster en beur vorentoe. Dit draai outomaties weer regop. Maar hulle vorder net ’n entjie voor die monster genoeg herstel het om opnuut aan te val. Sy het nog sewe arms oor, en sy is kwaad. “Maks, skakel weer die laser aan!” Die skerm voor Anna bly donker. “Maks, waar is jy?” Dan sien sy die neonwoorde wat onderaan die skerm flits: ONDERBREKING IN KOMMUNIKASIE MET BASIS. Wat Anna nie weet nie, is dat sy tydens haar wilde geveg met die inkvis die Verkenner se antenna met die laser afgesny het. Sy en Brak is nou op hulle eie. Die reuse-inkvis, gewond en boosaardig66 kwaad, tref die klein duikboot soos ’n
tornado.
26: ’n Sein vanuit die ruimte
Professor Sabatina staar in afgryse na die beeld op die skerm. Die Verkenner sal so ’n geweldige aanval nie baie lank kan weerstaan nie! “Ek het nie tyd om te verduidelik nie, Abraham, maar jy moet onmiddellik ’n teengolf aktiveer!” Sy maan haarself tot kalmte sodat haar briljante brein nugter67 na die feite kan kyk. Die frekwensie van die teengolf wat Maks bereken het, is heelwat laer as dié van die oorspronklike BioGolf. Sy onthou berigte wat sy ’n paar jaar gelede gelees het: reuse-inkvisse het aan die suidkus van Spanje uitgespoel kort nadat wetenskaplikes laefrekwensie-klankgolwe op die seebodem gebruik het op soek na minerale. Sy onthou ook die slotsom: die laefrekwensie-golwe het die diere se sensitiewe weefsel beskadig en sodoende hulle dood veroorsaak. Dis dalk die enigste manier om haar dogter te red! iraal Atoom ken sy vrou goed genoeg om te weet wanneer om nie vrae te vra of te argumenteer nie. Buitendien is daar nie tyd om te verspil voor U6 dalk onraad merk nie. Vinnig stel hy die rekenaar in Sektor 16 volgens Maks se berekeninge op. Sy vingers huiwer net ’n oomblik bo die toetse … Dan stuur hy die sein na die aarde toe. Vyf en twintig duisend kilometer weg, in die see van die pragtige planeet waarom die RuimteArk wentel, word die BioGolf-opwekker geaktiveer.
27: ’n Noue ontkoming
In die Verkenner lyk die situasie benard. Anna vang Brak toe hy weer by haar verbytrek. Sy metaallyfie het haar al ’n keer of wat hard in die wind getref soos wat die Verkenner rondgeskud word. Skielik gaan daar ’n trilling68 deur die reuselyf van die inkvis wat die Verkenner laat ratel. Brak gee ’n lang tjank en plak sy pote oor sy ore. Sy gehoorsensors kan klankgolwe ver verby die normale reikwydte van die menslike oor registreer, en wat hy nou gehoor het, is te veel vir hom. ’n Laefrekwensie-BioGolf het reg uit die liggaam van hul aanvaller gekom! Die enorme inkvis raak lam. Die sein vanuit die RuimteArk het die versteekte toerusting in haar lyf geaktiveer. Soos die klankgolwe deur haar trek, vernietig dit selle en weefsel asof sy gekook word in ’n mikrogolfoond. Haar suiers glip los van die gladde wand van die Verkenner. Die vaartuig gly uit haar dodelike greep. Stadig sink die monster na die seebodem, haar sewe oorblywende arms wuiwend agter haar aan. Anna sit tjoepstil van verstomming. ’n Oomblik gelede was sy in doodsgevaar. Die verligting is te groot om dadelik by haar te registreer.
Die nuwe BioGolf bring ook verligting deur die hele oseaniese ekosisteem. Die laefrekwensie-klankgolwe trek ongehinderd deur duisende kilometer seewater. Dit tref die alge-oorgroeiing binne sekondes. Soos wat Maks voorspel het, is die golflengte presies reg om die groei van die alge te onderdruk. Die onbeheerste verdeling van miljoene klein selletjies hou dadelik op. Algaande begin die algepopulasie verouder en sterf. Anna weet niks hiervan nie, maar haar gesonde verstand het reeds ingeskop.
“Kom ons maak dat ons wegkom, Brak!” Sy gryp die stuurstok en druk dit vorentoe. Die kragtige motore reageer dadelik. Anna stuur die Verkenner egalig69 weg van die gevegstoneel. Sy versnel geleidelik totdat die vaartuig sy topspoed bereik. Teen die tyd dat hulle koersvat na MonPetit begin sy haar bekommer oor hul aankoms by die huis. Daar is diep skrape aan die Verkenner soos wat die monster se bek kepe daaruit gerasper het. Bloed drup uit die wond aan haar kop. “Hoe gaan ons die skade verduidelik, Brak?” wonder Anna.
28: Maar is die gevaar verby?
Onbewus van hierdie dramatiese gebeure kom Uranus Draak by die RuimteArk aan. Hy koppel sy ruimtetuig aan die stasie en stap deur die eerste lugluik. Hy het sy BioTron-seemonster geprogrammeer om die area te verken waar die Chivonne gesink het. Alle opnames van die seevloer sal na U6 gestuur word. Hy weet dat die monster teen hierdie tyd reeds die wrak opgespoor het. Nou is dit net ’n kwessie van tyd voordat hy sy droom kan verwesenlik. Die kans is uitstekend dat die dodo’s in die Chivonne goed genoeg bewaar is sodat hy hul oorblyfsels kan gebruik vir kloning. Hy gaan die belangrikste uitgestorwe spesie aan die aarde terugbesorg. Dit is die vervulling van sy lewensdroom! Hy glimlag selfvoldaan. “Hallo daar!” roep hy toe die tweede lugluik agter hom sluit. “U6, wat is die stand van sake?” Die superrekenaar antwoord dadelik. “Goeiedag, Doktor Draak! ’n BioGolf is sopas geaktiveer vanaf Sektor 16.” Uranus se bleek gesig raak rooi van ontsteltenis. “’n BioGolf? Waar is die iraal?” Uranus se gesig is nou pers van woede. U6 skandeer die hele stasie blitsig. “Dit lyk my hy is weg!” roep sy verbaas uit. Uranus tel dadelik twee en twee bymekaar, en hy hou niks van die antwoord nie. Hy pluk die paar magnetiese stewels aan sy voete wat hy gebruik om die gewigloosheid in die RuimteArk teë te werk. Met lang treë haas hy hom in die gang af na Sektor 16 toe. “Jou onnosele blik!” snou hy in die verbygaan na een van U6 se mikrofone.
Sy wip haar. “Om my onnosel te noem is geweldig … onnosel!” Haar stem is heelwat skerper as die fluweeltoon wat sy altyd gebruik wanneer sy met Uranus kommunikeer. “As iets verkeerd gaan, is dit die fout van die persoon wat my programmeer – en dit is jy!” Uranus kan skaars sy ore glo. Hy het nog nooit gehoor dat iets met kunsmatige intelligensie so kan redekawel70 nie, nes ’n regte vroumens. “Bly stil!” snou hy boos. Anders as ’n regte vroumens voer U6 dadelik hierdie bevel uit. Die woedende wetenskaplike is nou by Sektor 16. Die Breingolf-herkenner registreer dadelik sy teenwoordigheid en die deur bied geen weerstand toe hy dit oopstoot nie. “Abraham!” bulder hy. “Wat maak jy hier?” iraal Atoom draai om van waar hy ’n rekenaarskerm bestudeer. “Dis ’n vraag wat ek jóú graag wil vra, Uranus. Wat wou jy regkry met hierdie gevaarlike speletjie van jou?” “Hoe sal jy ooit kan verstaan, jou sot? Jy met jou kamstige mooi ideale en goeie voornemens. Ek kon jou nooit in my vertroue neem met my groot plan nie, want ek het geweet jy sou nie die briljantheid daarvan verstaan nie!” “Briljantheid?” vra die iraal verbaas. “Dis pure geklikheid! Om die ekosisteem in die see te vernietig …” “… sou baie gou ook die ekosisteem op land vernietig. En daarmee saam die mensemassa wat daarop teer! Met my BioGolf-tegnologie kan ek die plante en reënwoude baie gou weer aan die groei kry, en hier in die RuimteArk is al die dierespesies wat nodig is om die planeet van voor af te bevolk.” iraal Atoom snak na sy asem. “Het jy jou verstand verloor, Uranus?” Die rooikop-wetenskaplike grynslag71. “Nee. In die nuwe wêreld wat ek gaan skep, sal die mense wat oorbly my wel die erkenning gee wat ek verdien!”
“Wel, gelukkig is dit nou te laat,” sê die iraal. Uranus stamp hom uit die pad om by die kontrolepaneel van die BioGolf uit te kom. Een kyk is genoeg. “Wat het jy gedoen?” kerm hy. iraal Atoom trek sy skouers op. “Net ’n afleiding gemaak hier en daar. Sabatina het reeds laat weet dat dit werk. Sy kan die groei van die alge mooi op die AardWag volg. Sedert die teengolf gevuur is, het die oorgroeiing gestaak72. Die laag alge raak vinnig dunner, en die suurstofbalans in die water sal binne ’n paar dae herstel. Die visbevolking en ander seediere gaan ongelukkig langer neem om hul vorige getalle te bereik. Maar dit lyk vir my ons was tog betyds.” Uranus besef dat sy hele plan, en daarmee saam die hele nuwe wêreld wat hy hom voorgestel het, in duie gestort het. En dit as gevolg van hierdie man! “Jou gek! Jy het alles beduiwel!” Hy pluk ’n rewolwer uit die binnesak van sy baadjie en sonder om twee keer te dink, trek hy die sneller. Die koeël tref die iraal vol in die bors. Dit verlaat sy liggaam en versplinter ’n deel van die kontrolepaneel agter hom. Nou eers besef Uranus Draak wat hy gedoen het. Hy draai op die hak van sy magnetiese stewel om en maak dat hy wegkom.
29: ’n Moontlike oplossing
“Het hy weggekom?” vra professor Sabatina. iraal Atoom knik. “Ja. Hy het ontsnap in sy ruimtetuig. Hy het alle kontak met U6 verbreek. Die laaste koördinate van die tuig wat sy kon registreer, was iewers oor Suid-Amerika.” Die iraal se stem is nog effens bewerig. As dit nie was vir die vreemde staat waarin sy molekules verkeer nie, was hy nou morsdood. Soos dit is, kon die koeël nie veel skade aanrig nie – sy liggaam se los molekules het eenvoudig padgegee. Die sensitiewe apparaat agter sy rug het egter nie so goed daarvan afgekom nie. Sektor 16 sal nie gou weer ’n BioGolf kan uitstuur nie! Nogtans is dit ’n nare ondervinding as iemand jou probeer vermoor. Die iraal het nooit gedink hy sou bly wees oor sy vreemde toestand nie, maar hy is innig dankbaar om weer die gesigte van sy geliefde familie te sien, selfs al is dit net op ’n televisieskerm. Soos gewoonlik kommunikeer hulle met mekaar terwyl die Atoom-familie op aarde rondom hul eetkamertafel sit. iraal Atoom glimlag terwyl hy na die beeld van sy dogter kyk. ’n Verband is om haar kop gedraai, en dit laat haar kort swart hare soos stekels regop staan. “Jy was baie dapper, Anna!” sê hy trots. “Maar onnosel, en onverantwoordelik!” raas haar ma. Sy lyk darem nie te kwaai nie, en sy leun vooroor om Anna se hand ’n drukkie te gee. “Wat het van die seemonster geword?” wil die iraal weet. “Die BioGolf het dit vernietig,” antwoord sy vrou. “Dit lê nou iewers op die seebodem en verrot. Ek dink daaraan om in die Verkenner te klim en dit te gaan haal. Die BioTron-deel van die inkvis sal sekerlik van waarde wees. Uranus is
almal duidelik ver vooruit met daardie tegnologie!” “Is die skade aan die Verkenner al herstel?” “Nog nie. Dus sal ek daardie uitstappie nog ’n rukkie moet uitstel. Boonop is daar meer interessante dinge om eerste te doen.” “Die Chivonne!” roep Anna opgewonde uit. “Ja, ons sal heelwat van die wrak kan herwin. Insluitende die dodo’s.” “Dís natuurlik wat Uranus wou hê!” dring die besef tot die iraal deur. “Dodo’s is die enigste belangrike diere wat ons nog nie in die RuimteArk het nie. Uranus het van kleins af ’n obsessie73 met dodo’s.” “Wel, hy het in die proses amper ons dogter vermoor met sy aaklige BioTronseekat,” grom professor Sabatina. “Inkvis,” korrigeer die iraal haar. “En daarvoor sal ek hom moeilik vergewe. Anna,” sê hy ernstig, “ek wil nooit weer hoor dat jy jouself aan sulke gevaar blootstel nie!” iraal Atoom se aandag word skielik afgetrek deur sy seun. Met almal se aandag by hul gesprek het Pip sy kans waargeneem om te kyk hoeveel kokosneutkoekies hy gelyk in sy mond kan druk. Die antwoord is sewe. Maar nou is hy besig om te stik. “Help ’n bietjie daar!” waarsku die iraal. Professor Sabatina gee Pip ’n stewige hou tussen die blaaie. Koekiekrummels spat oor die lens van die kamera wat die beeld van MonPetit na die RuimteArk projekteer. “Sien, Abraham,” glimlag sy. “Hy is weer mooi gesond ná sy PokMasels.” “Ek sien, ja,” antwoord die iraal droogweg. “En wat sê meneer Amsterdam van dit alles?” “Ek het hom niks gesê nie.”
Sy snak na asem. “Maar Abraham …” “Wat sal dit help? Die probleem met die alge is opgelos. Uranus is weg, en hy sal dit sekerlik nooit waag om terug te kom nie.” “En jy wil die reputasie van jou ou vriend beskerm selfs al het hy probeer om jou te vermoor?” Die iraal antwoord nie dadelik nie. “In elk geval,” verdedig hy dan sy besluit, “GROEN kan nie nou negatiewe publisiteit bekostig nie. Die nadraai van die alge-oorgroeiing is nog ver van verby, en die wêreld sal woedend wees as dit blyk dat al die probleme deur een van ons veroorsaak is.” Professor Sabatina knik. “’n Mens kan net hoop dat almal ’n les geleer het, en dat die see voortaan74 met meer respek behandel sal word.”
Ná sy gebruiklike geselsie met MonPetit raak iraal Atoom weer doenig in sy laboratorium. Hy wou eers niks vir sy familie sê nie, maar sy onderonsie met die Breingolf-herkenner het hom ’n idee gegee. Vir ’n paar minute het die Molekulêre Versteller nie net sy breingolfpatroon verander nie, dit het ook die aantrekkingskrag tussen sy liggaam se molekules herstel. Dit was heerlik om vir ’n kort rukkie weer ’n regte mens te wees! Dalk, net dalk kan hy dit regkry om die effek van die Molekulêre Versteller permanent te maak …
30: Anna se nuwe troeteldiere
Anna sit op die strand met haar rug teen ’n palmboom. In ’n boekie skryf sy notas oor ’n nuwe seeslak wat sy gekry het: ’n pragtige Thuridilla undula. Dié spesie kom meer algemeen in die water rondom die eiland Réunion voor, maar ’n visserman-vriend van haar ma het dit versigtig in ’n sak seewater aangedra as ’n present vir Anna. Met haar kleurpotlode teken sy ’n prent van die nuwe slak. Sy lyfie is slank en ligblou, met ’n pragtige oranje patroon oor sy rug. Sy kyk na die tekening en sy onthou die slymerige gevoel van die klein lyfie toe sy hom versigtig in sy nuwe huis gesit het … Dalk moet sy vir Thuridilla undula ’n ander naam gee. Sy skryf onderaan haar skets: URANUS DRAAK. “Dit sal jou leer!” lag sy en klap haar notaboek toe. Langs haar spits Brak sy rubberore. Hy hoor Ton raas bo by die huis. Anna spring op en hulle hardloop om te gaan kyk wat gebeur. “Swerkaters75!” skel Ton. “Uit! Skoert uit my groentetuin uit!” Anna hoor ’n verontwaardigde geblaas en gekrys76. Om die hoek van die huis kom twee vreemde voëls aangewaggel. Die twee steek in hul spore vas toe hulle vir Anna en Brak gewaar. Hulle is yslik groot, amper ’n meter hoog. Donsige grys vere bedek hulle vet lywe. Hulle bene is fris en geel. Anna verkyk haar aan die stewige, krom snawels en vlerke wat heeltemal te klein is vir hulle lywe. ’n Bossie krullerige vere wip parmantig op elke stert se punt. Professor Sabatina kom op die voorstoep uitgestap. “Kyk wat het GROEN se voorraadboot vir jou gebring, Anna. ’n Geskenk van jou pa!” “O, hulle is die beste!” roep Anna bly. “Verpestings!” brom Ton nog.
Brak grom onseker. Pip loer om die voordeur en giggel. “Wat sal ons hulle noem?” wil hulle ma weet. “Wat van Adam en Eva?” stel Anna voor. Die twee dodo’s blaas tevrede en draai weer terug om nog ’n aanslag op Ton se groentetuin uit te voer. Hulle is reeds tuis, hier op MonPetit.
Voetnotas
1 Plek waarin lewendige waterdiere en -plante aangehou word
2 Stadig verloop
3 Reëlmatig hou
4 Asemhalingsorgaan van ’n vis
5 Mors of vermors
6 Driedimensionele beeld gevorm deur ligstrale uit verskillende hoeke te projekteer
7 Dophou
8 Iemand wat nie kan lees en skryf nie
9 Gee of toestaan
10 Omvang (van tyd, in hierdie geval)
11 Klein stofdeeltjies uit atome opgebou
12 Luglaag ± 1 127 kilometer bo die aarde is die stratosfeer
13 Bêreplek van versamelings dokumente en geskrifte
14 Lys
15 Bekend om ’n slegte rede
16 Wetenskaplike naam vir mense as ’n spesie
17 Oordrewe ingenome met alles in eie omgewing
18 Nie eg nie, of nagemaak
19 Uit verband geruk of deurmekaar
20 Smaakvol
21 Stroop of besteel
22 Kenner van uitgestorwe dier- en plantsoorte
23 Groot kosskaarste in ’n land
24 Groot ongeluk of ramp
25 Verhouding van lewende dinge tot hulle omgewing
26 Werk
27 Vinnig weghardloop
28 Wegneem of afvat
29 Vaardig of behendig
30 Kwaad en teleurgesteld
31 Simbool of kenteken
32 Gewillig of onderdanig
33 Vreemd of uitheems
34 Baie slegte reuk
35 Skrikaanjaag deur wetenskaplike metodes
36 ’n Klank of geluid
37 Dreigende of wat afstuur op ’n ramp
38 Lig slaap
39 Iets wat ritmies heen en weer tussen twee punte beweeg
40 Aan hierdie kant
41 Bepaling van siekte d.m.v. verskynsels of simptome
42 Gemaklik stap
43 Reëlmatig op en neer gaan op water
44 Wat altyd suksesvol is
45 Vas van besluit
46 Flous, of te verhinder om te werk soos dit moet
47 Fyn
48 Stadig agteruitgaan
49 Bloeiend groei
50 In ’n ry langs mekaar
51 Wat gesink het
52 Stuur
53 Senuweeagtig lag
54 Plat, hoogliggende stuk grond
55 Sakkie van papier
56 Wat ellende of dood veroorsaak
57 ’n Tog met ’n bepaalde doel
58 Verward deur vrees
59 Hyg
60 Stoot
61 Voeldrade of voelers
62 Lekker happie of iets te ete
63 Boos of woedend
64 Liggaam van ’n skip of vaartuig
65 Wyd laat oopgaan
66 Woedend
67 Kalm
68 Vibrasie of bewegende luggolwe
69 Gelyk, nie wankelrig nie
70 Redeneer of argumenteer
71 Sarkasties lag
72 Opgehou
73 Iets wat ’n mens se gedagtes gedurig besig hou
74 Van nou af vorentoe
75 ’n Haatlike persoon of ding
76 Krakende, skreeugeluid
Hoofstuk 1
Pre-lees
In hierdie hoofstuk sal jy van ’n baie gevaarlike dier lees. Kyk na die illustrasie hierby. Kan jy agterkom waarom die dier so ’n besondere naam het?
Begripsvrae
1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 10.1 10.2 11. 12. 13.
Watter besondere seetroeteldiere het Anna? Anna het ook ’n ander troeteldier. Wat is dit en wat is so uniek omtrent hom? Waar woon Anna? Voltooi: In plaas van ’n snorkel of duiktoerusting gebruik Anna ’n .............. . Daarmee k Waarom het Anna haar ArmAlarm geïgnoreer? Waarom, dink jy, het die alarm afgegaan? Hoe is Anna se lewe waarskynlik gered? Wat het gebeur toe die haai die dolk by haar gryp? Wat was die gevolg hiervan? Benoem die beeldspraak: “Anna se bloed raak yswater.” “… die vrees wat haar hart soos ’n koue vuis omklem.” Waarom grom Brak? Watter kritiek sal jy hê op Anna se optrede daardie middag? Noem ’n voorbeeld waar sy ongehoorsaam is en ’n voorbeeld waar haar optrede haar le
Opdrag
1. Anna woon op ’n tropiese eiland omring deur ’n rif. Slaan na (op die Internet/Encarta/in ’n 2. Vind uit van watter taal ‘MonPetit’ ’n voorbeeld is. Vind uit wat die woorde beteken. (Jy k
Skryfoefening
Skryf ’n dialoog van 1 bladsy tussen Anna en haar ma nadat haar ma uitgevind het dat sy laatmiddag alleen gaan swem het.
HET JY GEWEET?
Anna se ArmAlarm ’n Toestel so groot soos ’n polshorlosie wat jy aan jou arm kan dra. Dit w
HET JY GEWEET?
Haaie se tafelmaniere Haaie eet net wanneer hulle honger is. Maar hulle aptyt is groot! Omd
HET JY GEWEET?
Brak Brak is ’n robothond wat Anna eenkeer by haar ouers present gekry het vir Kersfees. H
Hoofstuk 2
Pre-lees
Kyk op ’n wêreldkaart waar die oseane en vastelande is waarvan melding gemaak word in hierdie hoofstuk. Kyk ook waar Holland/Nederland en die hoofstad Amsterdam is. In hierdie hoofstuk sal jy lees van iets wat diep binne die aarde se kors is. Kyk of jy dit kan raaksien terwyl julle lees.
Begripsvrae
1. 2. 3. 4.
Voltooi: Prof. Sabatina, ................ se ma, werk baie hard. Sy werk by die ...................... w Waarom, dink jy, het prof. Sabatina die rekenaar “Maks” genoem? Van watter woord is M Waarom pas die name Amsterdam en Holland bymekaar? Sê of die volgende stelling waar of onwaar is. Verduidelik waarom jy so sê. Maks is ’n rekenaar met emosies. 5. GROEN is ’n voorbeeld van ’n akroniem. Skryf nog drie bekende Afrikaanse akronieme n 6. Soek drie idiome in hierdie hoofstuk en gee die betekenis van elk.
Opdrag
1. Vind uit waar Suid-Afrika weerstasies het. 2. Gaan slaan na uit watter taal die woord “tsoenami” kom en vind uit wat die woord in daar
HET JY GEWEET?
Maks, die superrekenaar Maks is superslim. Hy kan enigiets bereken en die ingewikkeldste p
Hoofstuk 3
Pre-lees
In hierdie hoofstuk gaan jy lees oor die luglae bokant die aarde. Die stratosfeer, wat in die hoofstuk genoem word, is die tweede laag.
Begripsvrae
1. 2.
Waar sal ’n mens na MonPetit-eiland op ’n kaart soek? Hier volg ’n lys van plante wat op die eiland aangetref word. Watter een pas nie? mangobome broodbome vanieljebome appelbome 3. “Wit soos sneeu” is ’n voorbeeld van ’n ....................... (beeldspraak) 4. Soek EEN woord in die teks wat vir jou sê dat die son baie warm op MonPetit skyn. 5.1 Waarom, dink jy, het die huis geen glasvensters nie? 5.2 Behalwe dat die houthortjies beskerming bied teen die reën, watter ander funksie kan dit 6. Wat is so uniek omtrent Pip? 7. Hier volg ’n paar sinne wat beskryf wat met Anna se pa gebeur het. Dit is egter nie in die
7.1 7.2 7.3 7.4 7.5
Die aarde se swaartekrag was te hewig vir die iraal. Hy is getref deur ’n atoomverplasende straal. Hy moes in die ruimte gaan bly. Die wetenskaplikes het hom in ’n spesiale tenk geplaas om hom in een stuk te hou. Dit het gelyk of hy wil ontplof, want hy het erg gebewe.
Opdrag
Slaan na wat die ander twee luglae in die aarde se atmosfeer genoem word.
HET JY GEWEET?
Die geheime van MonPetit-eiland In die vloer van die strandhut is ’n luik wat toegang gee to
HET JY GEWEET?
Waar kom Pip vandaan? Pip is ’n BioTron. ’n BioTron is ’n mengsel van mens en masjien. O
Hoofstuk 4
Pre-lees
Het jy al die woord “argief” teëgekom? Indien nie, slaan na wat dit is.
Begripsvrae
1. 2. 3. 4. 5.
Hoe weet jy dat Pip ’n ondeunde seuntjie is? Waarom is hy nie bang vir sy pa nie? Verduidelik waarom Anna nie wil hê haar ma moet van die hamerkophaai weet nie. Wat beteken die uitdrukking “in lewende lywe”? Gee sinonieme vir: prut Grote griet hol ellelange kug kaai raps 6. Watter troetelname gee Anna se pa vir haar? Wat sê dit van hulle verhouding? 7. Benoem die beeldspraak: “Ek moes al ’n honderd maal daaroor geswem het.”
Opdrag
1. 2.
Watter vrugte sal moontlik in hulle vrugteslaai wees? Vind uit waar jou skool/provinsie se argief geleë is.
Hoofstuk 5
Pre-lees
In hierdie hoofstuk gaan jy lees van aardverwarming. Vertel in jou klein groep wat jy daarvan weet.
Begripsvrae
1. 2. 3. 4. 4.1 4.2 4.3 5.
6. 7.
Hier word ’n elektroniese gesprek tussen twee rekenaars gevoer. Watter ander elektronies Waarom noem U6 vir Maks ’n visblik? Hoe weet jy dat U6 dink dat rekenaars beter is as mense? Kies die antwoord wat nie bydra tot aardverwarming nie: As jy die televisie of rekenaar op “stand by” los. Groot olietenkskepe wat olie in die see stort. Mense wat van openbare vervoer gebruik maak. Die rekenaars openbaar menslike eienskappe. Hieronder volg ’n lys beskrywende woord beskermend geïrriteerd jaloers lojaal nuuskierig veroordelend Wat beteken die laaste uitlating ($£%&#......) van U6 eintlik? Skryf ’n voorbeeld van sarkasme uit die hoofstuk neer.
Opdrag
1. Stem jy saam met U6 dat die mens die aarde gaan vernietig? Motiveer jou antwoord. 2. Wat kan by skole gedoen word om die invloed op aardverwarming te verminder?
Hoofstuk 6
Pre-lees
In hierdie hoofstuk gaan jy lees van iraalAtoomse ark. Weet jy van nog iemand wat ’n ark gebou het? Wat was op hierdie ark?
Begripsvrae
1. 2. 3. 4. 5. 6.
Skryf twee voorbeelde van vergelykings uit die teks neer. Kies die regte antwoord: ’n Bioloog/ Paleontoloog/Filosoof sal pre-historiese diere bestud Hoe weet ons dat die iraal se liggaam buigbaar is? Voltooi: As ’n mens ’n sin vir humor het, hou jy daarvan om .............. . Uranus Draak dra baie snaakse klere. Hoe sou ’n mens verwag sal ’n wetenskaplike aantre Uranus stamp sy pantoffels teen die wand van die ark. Waarom het sy uitbarsting geen eff
Opdrag
1. Die Nobelpryse word elke jaar toegeken. Vind uit watter Suid-Afrikaners al die prys gewe 2. Lees verder oor die praktyk van kloning. Hou ’n klasbespreking oor die etiese vrae rondom
HET JY GEWEET?
Die diere in die RuimteArk Die mees spesiale diere in die iraal se Ark is die sabeltandtie
HET JY GEWEET?
Kloning: Hoe om ’n kopie van jouself (of jou troetelrot) te maak In die kern van elke sel van
Hoofstuk 7
Pre-lees
In hierdie hoofstuk kry prof. Sabatina ontstellende nuus. Het jy al ontstellende nuus gekry? Hoe het jy gereageer op die nuus? Gesels in ’n klein groep.
Begripsvrae
1. 2. 3. 4. 5. 6. 7.
Watter ontstellende nuus kry prof. Sabatina? Watter gevolge kan dit inhou? Is rekenaars regtig slimmer as mense? Motiveer jou antwoord. Voltooi: Volgens Uranus Draak se navorsing kan ………………… organismes laat groei o Wat sal die gevolge wees van die oorgroeiing van die alge in die see? Dink jy Uranus Draak het iets hiermee te doen? Waarom sê jy so? Soek ’n voorbeeld van eufemisme in die eerste 11 reëls van die hoofstuk.
Opdrag
1. 2.
Wat kan rekenaars beter as mense doen? Wat kan mense doen wat rekenaars nie kan doen nie?
HET JY GEWEET?
Hoekom is alge dan so belangrik? Alge is klein, eensellige plantjies wat ronddryf naby die o
Hoofstuk 8
Pre-lees
Ons het al voorheen van ’n argief gehoor. Kan jy onthou wat daar gestoor word?
Begripsvrae
1. 2. 3. 4. 5. 6.
Hodoul was “beskaafd”. Hoe weet jy dit? Dink jy mev. Salie glo dat Anna suksesvol met haar skattejag sal wees? Motiveer jou antw Die inhoud van die houer wat Anna deursoek is deurmekaar. Wat, dink jy, het gebeur? Wat dink mev. Salie het gebeur? Anna ontdek die moontlike rede waarom daar met die houer gepeuter is. Wat is dit? Vergelyk Ton se reaksie teenoor mev. Salie s’n. Ton is rustig en ......... Mev. Salie is ........... Ton praat ................. Mev. Salie praat ............. 7. Skryf een metafoor en een spreekwoord uit die hoofstuk neer.
Opdrag
1. Vind uit wat ’n persoon wat in ’n argief werk, genoem word. 2. Watter storieboekheld het ook van die rykes gesteel om die armes te help? 3. Verbeel jou jy is Anna. Maak ’n dagboekinskrywing van ongeveer 90 woorde waarin jy ve
Hoofstuk 9
Pre-lees
In hierdie hoofstuk leer Anna die afstammeling van ’n regte seerower ken. Bestaan daar vandag nog seerowers? Gesels in ’n klein groep hieroor.
Begripsvrae
1. Anna is ontsteld toe Ton haar na die museum se direkteur neem. Waarom is sy bang? 2. Waarom, volgens Raymond Hodoul, was die skat op sy voorvader se skip onvervangbaar? 3. Dink jy die matrose wat die diere op Mauritius geëet het, sou dieselfde gedoen het as hulle 4. Sê of die onderstaande stelling waar of onwaar is. Motiveer jou antwoord: Die diefstal van die dagboek en kaarte uit die argief was ’n ramp. 5. Vul die onderstaande woorde in op die korrekte plekke. ignoreer afsydig aandag gefrustreerd Anna voel ...................., want Ton is .................. teenoor haar en haar ma ............... haar. S 6. Gee’n sinoniem vir “groot-grootvader”. 7. Waarom is Hodoul se storie oor die Chivonne vir Anna’n antiklimaks? 8. Verduidelik waarom dit gepas is dat Anna haar ma beskryf as “soos iemand op’n ander pla
Opdrag
1. Watter kleur is robyne? 2. Werk in ’n groep. Skryf ’n storie van 10-15 sinne wat op ’n donker, stormagtige nag afspe
HET JY GEWEET?
Volstruise en pikkewyne kan ook nie vlieg nie, hoekom het net die dodo dan uitgesterf? Die
Hoofstuk 10
Pre-lees
Weet jy wat ’n virus is? Ken jy ’n algemene siekte wat deur ’n virus veroorsaak word? Wat kry ook ’n virus, behalwe mense, diere en plante?
Begripsvrae
1. 2. 3. 4. 5.
Is dit ’n goeie teken dat Ton frons toe hy Pip se rekenaarskerm lees? Motiveer jou antwoo Wat kon moontlik met Pip gebeur het? Waarom is Anna so bly dat Pip buite aksie is en haar ma nie tuis is nie? Waarmee, dink jy, is Anna se pa so besig dat hy nie sy gewone verskyning maak nie? Is Ton se dialoog in’n formele of informele geskryf? Verstrek redes vir jou antwoo
HET JY GEWEET?
Rekenaarvirusse ’n Rekenaarvirus is ’n program wat so geskryf is dat hy homself verdubbel,
Hoofstuk 11
Pre-lees
Wat is die funksie van ’n soldaat? Wat noem ons die organisasie waaraan hy behoort? Dink nou aan ’n terroris. Hy is ook ’n vegter, maar wat is die verskil tussen ’n terroris en ’n soldaat?
Begripsvrae
1. 2. 3. 4. 5.
Waarom sal dit dom van prof. Sabatina wees om mnr. Amsterdam met iets te gooi? Waarom is dit moontlik vir die president van Amerika om daarop aan te dring dat GROEN Die alge het nie onmiddellik ná die sein in die proefbuis begin groei nie. Wat kon moontli Wat sal die gevolge wees as onkruiddoder oor die see gespuit word? VUL IN deur gebruik te maak van die onderstaande woordeskat: verdoemenis bunsenbran Prof. Sabatina het uitgevind dat ’n bio............... wat deur ’n ........................ uitgestuur is, d
Opdrag
Alge kan ook baie voordelig aangewend word vir die mensdom. Vind uit oor DRIE maniere waarop alge op ’n positiewe manier aangewend kan word.
Hoofstuk 12
Pre-lees
Jy het sekerlik al ’n geheim gehad – het jy dit met iemand gedeel? Hoe het jy gevoel, of hoe sou jy voel, as die persoon die geheim verklap? In hierdie hoofstuk gaan jy lees van die konsep “streng vertroulik”. Watter inligting sou streng vertroulik wees? Op skool? In die regering? In ’n besigheid?
Begripsvrae
1. 2. 3. 4.
Hoe kry die iraal en sy span dit reg om uitgestorwe diere weer te laat leef? Waarom, dink jy, sluit U6 haar kringbane af wanneer die iraal met sy familie praat? Watter woord gebruik prof. Sabatina vir Maks se geheue? Het prof. Sabatina van die kinders vergeet omdat sy ’n swak ma is? Motiveer jou antwoord. 5. Hoe weet ons dat U6 ongemaklik voel toe die iraal vra of sy iets weet van ossilators? 6. Rekenaars is baie slim, maar daar is iets (negatief) wat mense kan doen wat hulle nie kan
Opdrag
1. 2.
3.
Noem twee bekende toestelle wat van ossilators gebruik maak. Vul die korrekte letters in om die woorde te voltooi: dri_d_m_ns_one_l g_w_glo_s a_nk_m_l_ng r_pt_el sl_im_r so_gd_er Maak twee kolomme: Soogdiere en Reptiele. Skryf die volgende diere in die korrekte kolom: otter panda mense krokodil akkedis
Hoofstuk 13
Pre-lees
Anna vra Maks uit oor die herkoms van die dolk. Op watter maniere sou jy navorsing doen daaroor?
Begripsvrae
1. 2.
Waarom stuur Anna vir Maks ’n e-pos i.p.v. om direk met hom te praat? Sê of die volgende stelling waar of onwaar is. Motiveer jou antwoord. “Die dolk is van egte silwer gemaak.” 3. Waarom kon Anna nie die ontwerp op die handvatsel uitken nie? 4. Maks sê dat hy nie ’n hond is nie. Na aanleiding waarvan sê hy so? 5. Hoe weet Anna dat die see naby die wrak van die Chivonne baie diep is? 6. Gee EEN woord vir “ ’n Groot golf veroorsaak deur vulkaniese aktiwiteit”. 7. Verduidelik in DRIE sinne hoe die Chivonne heeltemal verdwyn het. 8. Waarom, dink jy, sal die wrak perfek bewaar bly nadat dit deur die lawa bedek is? 9. Haal EEN sin aan uit die teks wat bewys dat rekenaars net reageer op instruksies. 10. “Daardie voël het lank gelede gedood en uitgestorwe.” Skryf Maks se woorde in korrekte
Opdrag
1. Slaan na hoe wetenskaplikes koolstoftoetse gebruik om ou voorwerpe se ouderdom te bep 2. Vind die antoniem vir “beroemd”. Besluit dan watter woord jy sou gebruik om ’n seerowe
Hoofstuk 14
Pre-lees
Dink terug aan ’n tyd toe jy bekommerd was. Hoe het jy toe gevoel? Hoe het dit jou optrede beïnvloed?
Begripsvrae
1. 2. 3. 4. 5. 6. 7.
Waarom vind Anna dit so moeilik om die skat te vind in haar droom? Wat is verkeerd met Pip en wat is sy simptome? Wat is so uniek aan Pip se siekte? Wie is Maks se “troeteldier”? “… en haar natgeswete laken het haar in ’n wurggreep beet.” Herskryf hierdie aanhaling s Anna is op haar eie daardie Saterdag omdat die grootmense en Maks besig is. Vertel waarm Skryf twee voorbeelde van vergelyking uit die hoofstuk neer.
Opdrag
Skryf ’n paragraaf van 10 reëls waarin jy vertel wat jy sal doen as jy onsigbaar kon word.
Hoofstuk 15
Pre-lees
Het jy dalk al self onderwater geduik? Of was jy al by ’n akwarium? Deel jou ondervinding met die klas.
Begripsvrae
1. 2. 3. 4. 5. 6.
Wie sou moontlik vir Anna probeer keer om na die wrak van die Chivonne te gaan soek? Wat sou Anna doen as haar ma moontlik uit die laboratorium kom? Haal ’n reël aan wat bewys dat Anna teleurgesteld gevoel het toe haar ma nie uit die labor Gee ’n sinoniem vir “eiervormig”. Vergelyk Brak, die robothond, met ’n regte hond. Gee twee voordele en twee nadele wat h Ons het reeds in ’n vorige hoofstuk gehoor dat Maks nie ’n verbeelding het nie. In hierdie
Opdrag
1. In Hoofstuk 11 is ’n beskrywing van die duikboot. Maak ’n eenvoudige skets waarin jy di 2. Watter ander tuig het ook ’n stuurstok?
Hoofstuk 16
Pre-lees
Was jy al in ’n intensiewesorg-eenheid by die hospitaal – as pasiënt of as besoeker? Die monitors wat aan die pasiënte gekoppel is, het gewoonlik ’n golfpatroon wat die pasiënt se hartklop/breingolwe reflekteer.
Begripsvrae
1. 2. 3. 4. 5.1 5.2 6. 7.
“Slim vang sy baas”. Verduidelik hoe hierdie idioom van toeing is op iraal Atoo Haal ’n woord aan wat dieselfde beteken as “dit sal nooit misluk nie”. Waarom kan U6 nie die iraal help om by Sektor 16 in te kom nie? Waarom kon die iraal nie die Molekulêre Versteller met hom saamneem na Sektor 16 Wat gebeur met die iraal in Sektor 16? Hoe, dink jy, kan hy moontlik gered word? Verskaf’n sinoniem vir “gravitasiekrag”. Verskaf’n antoniem vir “versteur”.
Voltooi die onderstaande woorde:
s_k_r_te_t id_nt_f_s_er l_b_r_t_ri_m gr_v_t_s_e m_lek_le v_sb_sl_te b_w_s_yn s_m_st_l_ing
Hoofstuk 17
Pre-lees
Wat sou jy doen as jy onsigbaar kon wees? Dink jy daar is gevare verbonde daaraan as iets onsigbaar is?
Begripsvrae
1. Waarom groei die alge so vinnig soos dit ooswaarts strek? 2. Rangskik die onderstaande sinne in die korrekte volgorde: Die bakterieë wat van dooie alge en plankton leef, het floreer. Die vis en ander seediere wat van plankton leef, het versmoor weens die suurstoftekort. Die plankton het eerste begin doodgaan. Die ongebalanseerde groei van die bakterieë het die laaste bietjie suurstof uit die water ge 3. Watter diere het baat gevind by die dood van al die visse? 4. Sal dit altyd so goed gaan met bogenoemde diere? Motiveer jou antwoord 5. Waarom is dit vir professor Sabatina ’n ligpunt om mnr. Amsterdam nie so baie te sien nie 6. Watter oplossing het Maks vir die probleem? 7. Waarom kan hulle dit nie in werking stel nie? 8. Is Sabatina se stelling, “Dis die eenigste ligpuntjie in hierdie verhaal, Maks” ironies bedoe
Opdrag
Kyk op ’n wêreldkaart waar die Paas-, Cook- en Solomoneilande geleë is. Vind uit waarvoor die Paaseilande veral bekend is.
HET JY GEWEET?
Die onsigbare wêreld om ons Ons kan sien en hoor omdat ons sintuie (oë en ore) sin kan maa
Hoofstuk 18
Pre-lees
Wat gebeur met ’n persoon wat bewusteloos is? Hoe kan ’n mens die persoon sy bewussyn laat herwin? Was jy al op ’n plek waar jy gewoonlik nie mag kom nie? Watter gebiede by die skool is vir leerders verbode?
Begripsvrae
1. 2. 3. 4. 5. 6. 7.
Waarom herken die iraal nie die vertrek waarin hy ronddryf nie? Van watter belangrike voorsorgmaatreël het hy vergeet? Gee ’n aanhaling wat bewys dat die iraal besef dat hy dom opgetree het. Die iraal verseker sy vrou dat alles reg is. Stem jy met hom saam? Motiveer jou antwo Die iraal sê dat hy nêrens op aarde is nie. Waar is hy dan? Watter groot geheim sou jy sê is daar in Sektor 16? Vul die ontbrekende korrekte voorsetsel in: As jy’n geheim ontrafel, beteken dit dat jy ...................... die waarheid kom.
Hoofstuk 19
Pre-lees
Het jy al geskubaduik of onderwatertonele op TV gesien? Probeer jou so ’n onderwaterwêreld voorstel.
Begripsvrae
1. 2. 3. 4.
Skryf ’n idiomatiese uitdrukking uit hierdie hoofstuk neer wat uitbeeld hoe pragtig die ond Anna wonder of sy die regte ding doen. Dink jy sy doen die regte ding? Gee twee redes om Dink jy Anna sal dit regkry om terug by die huis te wees sonder dat iemand agterkom dat Vind’n voorbeeld van personifikasie in die hoofstuk.
Opdrag
Kies drie woorde uit die woordeskatlys hieronder en skryf drie sinne waarin elkeen van die woorde se betekenis duidelik uitkom. poort wink statig gety afkeur dwarrel
Hoofstuk 20
Pre-lees
Moes jy al ooit iets geheim hou vir iemand se eie beswil/onthalwe? Vertel die klas daarvan.
Begripsvrae
1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8.
Soek ’n woord in die teks wat “gesig” beteken. Waarom mag U6 nie die professor en die iraal hoor praat nie? Kan U6 geblameer word vir haar optrede? Hoe het die professor verseker dat Maks ook nie agterkom wat aangaan nie? Wat is sy reaksie op hierdie behandeling? iraal Atoom verdwyn van die skerm, want hy het werk om te doen. Watter belangrike Vind ’n voorbeeld van eufemisme in die eerste paar reëls van die hoofstuk. Verskaf’n sinoniem vir “boef”.
Hoofstuk 21
Pre-lees
Was jy al ooit alleen op ’n donker plek? Vertel in ’n klein groepie of vir die hele klas daarvan. Praat oor hoe diep die see is en die organismes wat daar woon. Dink julle Anna is baie dapper of sommer net voortvarend om alleen onder die see rond te vaar?
Begripsvrae
1. 1.1 1.2 1.3 2. 3. 4. 5. 6. 6.1 6.2 6.3
Anna ervaar verskillende emosies terwyl sy onderwater vaar. Hieronder is emosies gelys onseker genot opgewonde Aan die begin – Tydens die ekspedisie – Toe sy by die wrak kom – Wat kan moontlik met Anna en die duikboot gebeur as sy oor die rand van die plato “val Waarom voel Anna teleurgesteld in Brak terwyl hulle onderwater vaar? “Dit was nogal ’n entjie wat Hodoul en sy manne moes swem”. Bedoel Anna dit was nab Voltooi: Die Ondergrondse Skandeerder maak dit moontlik om ............... . “Penregop” beteken “baie regop”. Verskaf die intensiewe vorme van die volgende woord lig swaar nodig
Opdrag
Kyk of jy ’n foto van die Internet kan aflaai van ’n dodo en plak dit in jou boek.
HET JY GEWEET?
Hoe diep is die see? Die diepste kloof in die see is meer as tien kilometer diep. Dis so diep d
Hoofstuk 22
Pre-lees
In hierdie hoofstuk kom Maks en Anna af op iets belangriks. Hulle kom onwetend nader aan die rede vir Uranus Draak se belangstelling in die ou wrak.
Begripsvrae
1. 2. 3. 4. 5.
Waarom noem die skrywer die lawa oor die skip ’n begrafniskleed? Wat is die ontstellendste van die beelde wat Maks se skandeerder op die skerm wys? Voltooi: In die .................. se kajuit vind Anna die interessantste vonds, naamlik die oorbl Voltooi: Sy is egter nog steeds ontevrede, want sy soek eintlik na ’n ................. . Skryf’n ander woord neer wat dieselfde as “mos” beteken. (Leidraad: _m_ _rs.)
Opdrag
Wat is lawa en waarom is dit so gevaarlik?
Hoofstuk 23
Pre-lees
Wie het al ’n seekat gesien? Hoe groot was dit? Vertel die klas daarvan. Stel jou nou ’n seekat voor wat 20 meter lank is. Kyk of julle 20 meter in die gang kan afmeet.
Begripsvrae
1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9.
Maks maak ’n ander ontstellende ontdekking. Wat is dit? Hoe weet Maks dat dit nie ’n duikboot is nie? Skryf ’n aanhaling neer wat bewys dat reuse-inkvisse nie normaalweg naby die eiland kom Waarom sal dit nie vir Anna help om vinnig weg te vlug nie? Waarom het die inkvis sulke groot oë? Wat het die inkvis en Pip in gemeen? Wat beteken dit as ’n mens iets “met die blote oog” kan sien? Die inkvis pyl op hulle af, maar swenk verby op die laaste oomblik. Waarom, dink jy, tree Skryf twee vergelykings uit die hoofstuk neer.
Opdrag
Anna wou net wegkom van die inkvis af. Sy openbaar nou die sterkste drang wat ’n mens besit. Vind uit na watter drang hier verwys word?
HET JY GEWEET?
Seemonsters: Bestaan hulle werklik? Die ou seevaarders het reuseseemonsters beskryf wat h
Hoofstuk 24
Pre-lees
Wie se troeteldier was al weg? Hoe het jy gevoel terwyl jy daarna gesoek het? Hoe het jy gevoel teenoor die persoon wat hom/haar laat wegraak het? Hoe het jy gevoel toe jy jou troeteldier weer kry?
Begripsvrae
1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9.
Waarom, dink jy, koppel Ton ’n elektrode aan Pip se voorkop? Watter eienskap van Maks irriteer die professor? Waarom besef die professor dat sy nie vir Maks kan kwaad wees oor hy Anna gehelp het m Sê of die volgende stelling waar of onwaar is. Motiveer jou antwoord met ’n aanhaling uit “Die professor is in haar skik oor sy nie geweet het waar Anna is nie.” Hoe kalmeer die professor haarself? Hoe weet Maks dat die professor ontsteld is? Wat is sy reaksie op haar ontsteltenis? Wat is die rede dat hulle nie die BioGolf-opwekker kon opspoor nie? Is Maks sarkasties wanneer hy vra: “Sy is nie alleens nie?”. Motiveer jou antwoord.
Opdrag
“Kunsmatige intelligensie het sy beperkinge”.
Wat bedoel die professor met hierdie uitdrukking? Gee ’n verduideliking van 2 tot 3 reëls.
Hoofstuk 25
Pre-lees
Kyk of jy ’n storie of fliek kan onthou waar die held/-in in ’n baie gevaarlike situasie is waar dit lyk of hy/sy nie gered kan word nie. Vertel die klas/jou groep hoe die persoon toe wel gered is.
Begripsvrae
1. 2. 3. 4. 5. 6. 7.
Hoe het die inkvis probeer om die wand van die Verkenner te breek toe dit te glad en sterk Anna was baie bang tydens die inkvis-aanval, maar een les wat haar ouers haar al van klei Hoe reageer die inkvis toe die Verkenner haar saamsleep? Hoe kom Maks tot Anna se redding? Die wapen wat Maks voorgestel het, het wel die inkvis gewond, maar dit het ook groot sk Verduidelik waarom die vergelyking “om soos’n sardien uit’n blik gesny te word” juis hie Gebruik die woorde “motore” en “motors” in twee sinne om die verskil tussen hulle aan te
Opdrag
Dink aan ’n manier hoe Anna uit hierdie penarie kan kom. Bespreek dit met jou groep en kyk wie met die beste voorstel vorendag kom.
Hoofstuk 26 en 27
Pre-lees
Watter goeie raad het jy al by iemand gekry? Deel dit met die klas.
Begripsvrae
1. 2. 2.1 2.2 3. 4. 5. 6. 7. 8.
Prof. Sabatina het Anna ’n belangrike les geleer. Sy pas nou dieselfde les toe op hierdie s Anna se ouers is baie slim mense. Hoe red haar ouers haar uit hierdie benarde situasie? Haar ma? Haar pa? Na watter deel van jou liggaam word verwys as ’n mens ’n hou in jou wind kry? Watter uitwerking het die sein op Brak? Watter uitwerking het die sein op die inkvis? Verskaf’n sinoniem vir “slotsom”. Wat is die “pragtige planeet” waarom die RuimteArk wentel? Verskaf’n sinoniem vir “populasie”.
Hoofstuk 28
Pre-lees
Wat weet jy oor die bevolkingsdigtheid van die wêreld? Hou ’n klasbespreking daaroor. Julle kan praat oor die gevolge van oorbevolking en wat daaromtrent gedoen kan word. Dink oor China se een-kind-beleid en die sosiale gevolge daarvan.
Begripsvrae
1. 1.1 2. 3. 4. 5. 5.1 5.2 6. 6.1 6.2 7. 8.
Uranus Draak wil ook graag die wrak van die Chivonne kry vir die “skat” daarbinne. Is dit dieselfde skat waarna Anna soek? Wat wil Uranus graag uit die wrak hê en wat wil hy daarmee doen? U6 het seker vir die eerste keer haar pligte nie nagekom nie. Hoe het sy haar baas teleurg Wat was die gevolge van haar fout vir sy groot plan? “Sy wip haar”, beteken Sy spring in die lug op; Sy raak kwaad. Uranus het U6 as vroulik geprogrammeer. Noem een geval waar sy soos ’n tipiese vrou optree EN Een geval waar haar optrede nie soos dié van ’n tipiese vrou is nie. Voltooi: Uranus se groot plan is om ’n ............ ............. te skep. Gee twee aanhalings wat wys dat Uranus die iraal geskiet het sonder om aan die gev
9.
Gee’n voorbeeld van eufemisme uit die hoofstuk.
Opdrag
1. 2. 3. 4.
Gee ’n woord wat meer algemeen gebruik word en afgelei is van “haas”. U6 praat in ’n “fluweeltoon”. Wat beteken dié uitdrukking? Wat sal gebeur as Uranus Draak sonder magnetiese stewels in die RuimteArk rondloop? Waarom dink jy pas die naam “Uranus Draak” by hierdie mal wetenskaplike?
HET JY GEWEET?
Oorbevolking Tans is daar bykans sewe biljoen mense op aarde. Omdat daar jaarliks meer ba
Hoofstuk 29
Pre-lees
In hierdie hoofstuk begin die verhaal afsluit. Wat is die korrekte literêre terminologie vir die “begin”, “hoogtepunt” en “afsluiting” van ’n verhaal? Gesels vooraf oor watter dinge ’n storie laat slaag, uit ’n leser se oogpunt.
Begripsvrae
1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8.
Waarmee het Uranus Draak gevlug? Waar kan hy nou moontlik wees? iraal Atoom se oorlewing na die koeël hom getref het kan as “ ’n geluk by die ongelu Die iraal het die koeël oorleef, maar “die apparaat agter sy rug het egter nie so goed d Wat het met hierdie apparaat gebeur? (As jy nie onthou nie, kan jy die vorige hoofstuk raa Hoe kan die iraal sien dat Pip weer gesond is? “Dapper, onnosel, onverantwoordelik” is woorde wat Anna se ouers gebruik om haar te be Noem TWEE redes waarom die iraal nie vir mnr. Amsterdam vertel het dat Uranus vi Voltooi: Hierdie ondervinding het EEN positiewe gevolg vir die iraal. Dit het hom hoo
Opdrag
Die professor spreek die hoop uit dat mense geleer het uit hierdie katastrofe. Dink jy mense leer uit rampe? Motiveer jou antwoord.
Hoofstuk 30
Pre-lees
Kyk op ’n kaart waar Réunion geleë is.
Begripsvrae
1. 2. 3. 4.
Wat is verkeerd met die manier waarop Anna se seeslakke se naam hier geskryf is: Thurid Waar sou die beste plek wees om vir so ’n slak te gaan soek? Watter eienskap van die slak het Anna aan Uranus Draak herinner? Waarom, dink jy, is die name Adam en Eva baie gepas vir die twee dodo’s?
Opdrag
1. Dodo’s het baie klein vlerkies. Dis die hoofrede waarom hulle so maklik uitgeroei is. Slaan na in ’n ensiklopedie of op die internet waarom die dodo se vlerke so onderontwikkel is.
HET JY GEWEET?
Die name van dinge Wetenskaplikes het ’n stelsel waarvolgens hulle elke soort dier, gogga e
Die roman as genre
’n Roman word in prosa (volledige sinne) geskryf en vertel ’n lang storie wat soms in hoofstukke verdeel is. In die meeste romans is daar ’n sentrale tema. Die belangrikste elemente van die roman is die
karakters gebeure milieu
Karakters
Dit kan mense of diere in die verhaal wees wat dinge doen en emosies beleef. Karakters in ’n verhaal is nie almal ewe belangrik nie en ons praat gewoonlik van hoofkarakters en bykarakters. Daar word dikwels gepraat van ronde karakters wat goed beskryf word en wat die leser goed leer ken, teenoor plat karakters, wat nie so volledig beskryf word nie en meer op die agtergrond is. Ons leer die karakters ken deur:
hulle woorde en gedagtes wat ander karakters van hulle sê hoe hulle in verskillende situasies optree.
’n Karakter se taalgebruik moet geloofwaardig wees. Dit beteken die woordeskat, uitspraak, ensovoorts moet by die karakter pas. Grootmense moenie soos kinders praat nie, en andersom is ook nie reg nie. Te veel plat taalgebruik kan die leser ook hinder.
Gebeure
Gebeure is al die handeling, emosies en denke in die verhaal. Gebeure wat op mekaar volg, word fyn deur die skrywer beplan sodat die leser die karakters kan leer ken. Verder word dit ook gebruik om die spanningslyn in die verhaal sterker te maak en die leser geïnteresseerd te hou. Alle gebeure in die roman moet ’n funksie hê. Iets wat niks tot die verhaal bydra nie, hoort nie in die verhaal nie. Daar is verskillende soorte romans, byvoorbeeld ’n riller, wetenskapsfiksie, speurverhaal, ensovoorts. In die meeste gevalle is die verhaal ’n spel tussen die werklikheid en fiksie. Die roman verskil van ’n ander genre soos die drama, wat bedoel is om op ’n verhoog opgevoer te word en poësie, waar die gebruik en keuse van elke woord belangrik is.
Milieu
Die milieu sluit in:
Tyd: Dit verwys na wanneer (byvoorbeeld drie-uur Dinsdag, tien jaar gelede, die toekoms) en vir hoe lank (byvoorbeeld ure, dae, jare) die gebeure
plaasvind. Verhale word dikwels chronologies vertel – van die begin tot by die einde. Skrywers gebruik verskillende tegnieke om die karakters se gedrag uit te beeld: Terugflits – gaan terug na die verlede Onthulling – sê wat later in die verhaal gaan gebeur Ruimte: Dit verwys na die plek of plekke waar die karakters die gebeure beleef. Die gebruik van bekende plekke maak die verhaal baie realisties. Agtergrond: Dit word gebruik om na tydperke en omstandighede te verwys, en sluit tyd en ruimte in.
Die funksie van die milieu:
Dit maak die boek geloofwaardig. Die leser leer meer oor verskillende lewenstyle. Dit gee agtergrond tot die sentrale konflik in die verhaal. Dit bou die tema van die verhaal uit.
Die verteller
Die skrywer kies ’n verteller om die verhaal te vertel. Hierdie persoon sê wat gebeur, hoe die ruimte lyk, en beskryf die karakters. Die skrywer is nie die verteller nie. Die verteller is die stem wat aan die woord is. Die verteller skep die ruimte waarbinne die verhaal afspeel, vertel hoe tyd in die verhaal verloop en
gee op verskillende maniere vir die leser insig in ’n karakter se gevoelens en waarnemings.
Eerstepersoonverteller (ek-verteller)
Kenmerke:
’n Eerstepersoonverteller is self ’n karakter in die verhaal – gewoonlik die hoofkarakter. Woorde soos “ek”, “ons” en “my” kom gereeld voor. Hierdie soort verteller skep die illusie van werklikheid en geloofwaardigheid. Hierdie verteller gee net sy/haar eie gedagtes en ervarings. Die leser kry dus nie die ander karakters se perspektief nie. Maar dit kan die spanning verhoog, wat tot voordeel van die verhaal is.
Derdepersoonverteller
Kenmerke:
’n Derdepersoonverteller is nie ’n karakter in die verhaal nie en is daarom op ’n manier onsigbaar. Hy of sy verwys na die karakters deur hul name of voornaamwoorde (“hy”,
“sy” of “hulle”) te gebruik. So ’n verteller is soms alwetend en alomteenwoordig. Hierdie soort verteller ken die karakters gewoonlik beter as wat hulle hulself ken; die derdepersoonverteller weet wat hulle dink en beplan, hoe hulle voel en hoe hulle gaan optree. Die leser kan sien wat in al die karakters se gedagtes aangaan.
Woordelys
Alliterasie Die herhaling van ’n konsonant.
Antiklimaks ’n Opbou na iets dramaties wat dan onverwags anders eindig as wat jy verwag het.
Antitese Die gebruik van teenoorgestelde begrippe langs mekaar, byvoorbeeld dood teenoor lewe.
Beeldspraak Die prentjies wat die skrywer in die leser se verbeelding teken, byvoorbeeld “Loop pluk vir my die son.” (Kyk ook na: vergelyking, metafoor, personifikasie.)
Bevooroordeeldheid ’n Mens is bevooroordeeld wanneer jy voor die tyd reeds idees het oor ’n mens, groep, idee of saak wat dit moeilik maak om hulle regverdig te behandel.
Cliché Uitdrukkings wat so baie gebruik word dat die woorde hul regte betekenis en krag verloor, byvoorbeeld die woord “shame” wat deesdae nie meer regtig simpatie wys nie.
Dubbelsinnigheid Twee verskillende betekenisse skep deur die manier waarop woorde of sinne gebruik word, byvoorbeeld “Hy wil haar nie langer hê nie.” Dit kan beteken hy wil haar nie meer hê nie of hy wil nie hê sy moet langer wees as wat sy is nie.
Ellips ’n Sin wat nie klaar gemaak word nie, aangedui deur ’n beletselteken (…) of stippels.
Eufemisme Iets wat negatief is sagter stel om dit minder erg te maak of weg te steek, byvoorbeeld wanneer om die dood “die ewige slaap” te noem.
Genre ’n Vorm van letterkunde, soos gedigte, romans, essays, draaiboeke.
Hiperbool Iets doelbewus oordryf om ’n sekere effek te kry.
Humor ’n Vinnige, oorspronklike en snaakse sêding of opmerking.
Idiomatiese uitdrukkings Spreekwoorde en gesegdes wat saam ’n ander betekenis as die afsonderlike woorde het, byvoorbeeld “Sy het haar varkies verloor” en “Hy is van sy trollie af.”
Intrige ’n Reeks gebeure wat die verhaal in ’n sekere rigting neem en lei tot ’n klimaks wat dan gewoonlik opgelos word.
Ironie Wanneer die teenoorgestelde gesê word van wat bedoel word, byvoorbeeld wanneer jy vir iemand wat onvriendelik is, sê: “Jy is regtig baie vriendelik.”
Karakter Enige wese (gewoonlik ’n mens of dier) in ’n verhaal wat praat en gedagtes het. ’n Karakter wat ons goed leer ken, noem ons ’n ronde karakter en ander van wie ons minder weet, is plat karakters.
Karikatuur Sekere eienskappe van ’n karakter so oordryf dat die persoon belaglik word.
Klanknabootsing Wanneer die klank in ’n woord soos ’n geluid klink, byvoorbeeld “kwaak” of “girts”.
Konflik Die stryd, botsing of probleme wat karakters met iets of mekaar het. Dit kan innerlik (in denke) of uiterlik (in dade) gebeur.
Kontras Dinge wat baie van mekaar verskil, maar gewoonlik ’n eienskap deel.
Metafoor ’n Vergelyking, maar sonder die woord “soos”, waar twee dinge gelyk aan mekaar gestel word, byvoorbeeld “Toe hy haar soen, was sy ’n tamatie.” (Sy het so rooi soos ’n tamatie gebloos.)
Milieu Dit sluit ruimte, tyd en agtergrond in en is ook ’n versamelnaam wat gebruike, kleredrag, plekke, voorwerpe, tydperke, ensovoorts insluit om atmosfeer in ’n verhaal te skep.
Motief ’n Motief kom herhaaldelik in die loop van die verhaal voor, miskien elke keer in ’n ander vorm. Sulke motiewe onderstreep die tema, en help om die verhaal saam te bind.
Motoriese moment Iets in die gebeure in die verhaal wat die storie in ’n spesifieke rigting stuur, byvoorbeeld wanneer ’n karakter besluit om iets ongewoons te doen.
Paradoks Wanneer dit lyk of twee woorde nie by mekaar pas nie, byvoorbeeld “Sy luister, maar sy hoor nie.”
Personifikasie Wanneer lewelose dinge, diere of plante menslike eienskappe kry, byvoorbeeld “Die wind huil om die huis.”
Die woorde, styl en grammatika wat sprekers en skrywers gebruik. Amptelike dokumente word in ’n formele geskryf, terwyl ’n skets meestal ’n humoristiese het.
Retoriese vraag ’n Vraag waarop jy nie eintlik ’n antwoord verwag nie, of almal ken die antwoord, byvoorbeeld, die krag gaan af en almal vra: “Wat gaan aan?”
Sarkasme ’n Lelike opmerking waarmee die spreker iemand wil seermaak.
Simbool ’n Voorwerp of teken wat iets anders (gewoonlik abstrak) voorstel, byvoorbeeld ’n hart vir liefde, rooi vir romanse.
Stereotipe ’n Vaste en dikwels bevooroordeelde siening van spesifieke soorte mense, byvoorbeeld “dom blondines”.
Struktuur Die bou of samestelling van ’n teks.
Tema Die sentrale idee of boodskap in die roman. Ons ontdek dit deur te vra: “Wat kan ek uit die verhaal leer?”
Tyd Dit dui aan wanneer, in watter tydperk, hoe laat, hoe lank die verhaal afspeel.
Vergelyking Om die ooreenkoms of verskille tussen dinge en/of mense te vergelyk deur die gebruik van die woorde “soos”, “nes” of “as”.
Verteller Die “stem” wat die verhaal vertel.
Vertellingshoek Die perspektief van waaruit die verhaal vertel word. Is dit ’n onsigbare verteller (derdepersoonverteller) of is die verteller ’n karakter in die verhaal (eerstepersoonverteller)?
Woordspeling ’n Woord word op ’n slim (en gewoonlik humoristiese) manier gebruik waar dit meer as een betekenis het.
Vir die onderwyser
Die leesproses
Die leesproses bestaan uit pre-lees, tydens lees en post-lees. Aktiwiteite sluit die volgende in:
Pre-lees
Aktiveer bestaande kennis. Stel vas wie die bron, die skrywer en wat die verskyningsdatum is. Lees die eerste en laaste paragrawe van ’n afdeling. Maak afleidings.
Tydens lees
Neem ruspouses om leerders se begrip te toets en idees te laat insink. Vergelyk die inhoud met wat afgelei is. Maak gebruik van die inhoud om waar moontlik die betekenis van
onbekende woorde vas te stel, anders kan ’n woordeboek gebruik word. Leerders moet kan visualiseer wat gelees word. Leerders moet aanhou lees, al verstaan hulle sekere dele nie. Leerders lees gedeeltes weer oor indien hulle dit glad nie verstaan nie. Lees dele hardop en teen ’n stadiger tempo indien die inhoud verwarrend is. Leerders kan ’n maat vra om te help om moeilike gedeeltes te verstaan. Maak leesmerke en notas van hoofpunte. Leerders lewer verslag oor wat gelees is. Leerders beantwoord vrae.
Post-lees
Ontwerp ’n grafiese voorstelling (kopkaart/diagram) of wys hoofgedagtes uit en maak ’n paar ondersteunende notas om spesifieke inligting later te herroep. Maak afleidings. Maak ’n opsomming om hoofgedagtes te kan herroep. Leerders dink na oor die onderwerp en stel nuwe vrae daaroor saam. Leerders vra vrae om vas te stel of hulle hul doel bereik het. Leerders stel vas of hulle die teks verstaan. Evalueer die kwaliteit en inhoud van die teks, en vooroordeel of partydigheid.
Leerders verbreed hul denkvermoë – gebruik idees wat in die teks voorkom. Leerders beantwoord vrae.
’n Ekologiese ramp tref die aarde: alge begin die oseane oorgroei en bedreig alle lewe in die see. Terwyl Anna se ouers probeer uitvind wat dit veroorsaak het, en hoe om dit te keer, stel Anna net in een ding belang: ’n antieke dolk wat sy in die see gevind het. Sy glo dit het meer as tweehonderd jaar gelede aan ’n beroemde seerower behoort. Maar waar lê die wrak van sy skip? En wat het van sy skat geword? Die Anna Atoom-reeks is bekroon met die Alba Bouwer-prys vir kinderliteratuur (2013). Hierdie skooluitgawe van Anna Atoom en die seerower se dolk is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir preen postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.tafelberg.com.
Elizabeth Wasserman is ’n patoloog in privaatpraktyk en buitengewone professor in die afdeling Geneeskundige Mikrobiologie aan die Universiteit van Stellenbosch se Geneeskunde-Fakulteit. Sy is die skrywer van Meerkatrestaurant (wat by Lapa verskyn het), was ’n bydraer tot Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg, 2009), en is die skrywer van die gewilde Speurhond Willem-reeks, wat ook deur Tafelberg uitgegee word. Elizabeth woon saam met haar man en tienerdogter in Welgedacht, naby Kaapstad.
Eerste skooluitgawe in 2013 deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers, ’n afdeling van Media24 Boeke (Edms) Bpk, Heerengracht 40, Kaapstad 8001 Posbus 6525, Roggebaai 8001, Suid-Afrika www.tafelberg.com
Kopiereg © 2011 E. Wasserman
Alle regte voorbehou.
Geen gedeelte van hierdie elektroniese boek mag sonder die skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skyf- of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of -ontsluiting.
Omslagontwerp deur Michelle Staples Omslagontwerp aangepas deur Michelle Staples E-boekontwerp deur Trace Digital Services
Ook beskikbaar in druk:
Eerste uitgawe in 2011 Eerste skooluitgawe in 2013 ISBN: 978-0-624-05748-2
Epub-uitgawe: Eerste skooluitgawe in 2013 ISBN: 978-0-624-06590-6 (epub)
Mobi-uitgawe: Eerste skooluitgawe in 2013 ISBN: 978-0-624-06591-3 (mobi)